Gewerweldes: Verskil tussen weergawes

4 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
No edit summary
In die [[Ordovisium]] het reeds visagtige diere met kake verskyn, die Gnathostomata. Vandag bestaan daar nog twee groot groepe van hulle nasate: die kraakbeenvisse, soos die [[haaie]], en die beenvisse soos die [[karp]] of die [[salm]].
 
Onder die beenvisse was daar 'n groep, die Sarcopterygii, wat nou baie min vorme het, die longvisse en selakante, maar wat die voorouers van die viervoetige landdiere die Tetrapoda is. Die eerste Tetrapoda is nog afhanklik van water vir hulle voortplanting. Die oudste vorme daarvan word in die [[Devoon]] aangetref. Vandag is daar nog die [[padda]]s van oor. Omtrent 312 miljoen jaar gelede, in die Karboon verskyn die Reptiliomorpha wat die eerste Amniota was, diere wat 'n amnionvlies[[amnion]]vlies om hulle eiers het.<ref>''Biodiversity and Earth History'', {{Outeur|Jens Boenigk, Sabina Wodniok, Edvard Glücksman}}, Springer, 2015, ISBN 3662463946, ISBN 9783662463949, bls. 95</ref> 'n Ander aanpassing aan die lewe op die land is 'n geskubde huid.
 
Net 'n rukkie later<ref>{{webaanhaling|url=http://www.ucmp.berkeley.edu/synapsids/pelycosaurs.html|titel=Pelycosauria berkely edu}}</ref> ontstaan 'n groep wat die Synapsida genoem word en wat in die Perm die dominante landdiere word. Aan die einde van die Perm vind 'n groot uitwissing plaas en verdwyn hulle, behalwe 'n groep taamlik klein diere, die [[terapside]] wat haar ontwikkel en warmbloedig word. Twee beentjies van hulle onderkaak word deel van hulle oor en dit is die begin van die [[soogdier]]e.
22 781

wysigings