Verskil tussen weergawes van "Ametrien"

18 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k
[[Lêer:Quartz-177270.jpg|duimnael|Die kwarts variëteit ametrien.]]
 
'''Ametrien''', ook bekend as '''tristien''' of onder sy handelsnaam bolivianiet, is 'n natuurlike variëteit van kwarts. Dit is 'n mengsel van [[ametis]] en [[sitrien]], met sones van [[pers]] en [[geel]] of [[oranje]]. Byna alle kommersiële beskikbare ametrien word in [[Boliwië]] ontgin.
 
Die kleur van die sones wat binne ametrien sigbaar is, is te danke aan verskillende oksidasietoestande van yster binnein die kristal. Die verskillende oksidasietoestande ontstaan as gevolg van 'n temperatuurgradiënt oor die kristal tydens die vorming daarvan.
 
Kunsmatige ametrien kan geskep word deur differensiële hittebehandeling van ametiste.
 
Volgens die legende is ametrien die eerste keer aan [[Europa]] bekendgestel deur 'n [[conquistador]] se geskenke aan die [[Spaanse]] koningin, nadat hy 'n myn in Boliwië as 'n trougeskenk ontvang het a.g.v. sy [[huwelik]] met 'n prinses van die [[Ayores]] -stam.<ref>Vasconcelos, Paolo; Wenk, Hanz-Rudolf; Rossman, George. "The Anahí Ametrine Mine, Bolivia," Gems and Gemology, Spring 1994, p. 4-23</ref>
 
Daar kan aanvaar word dat die meeste ametrien in die laer pryssegment van sintetiese materiaal afkomstig is. 'n Russiese labratoriumlaboratorium het sedert 1994 die industriële produksie van tweekleurige kwarts vervolmaak, wat later bestraal word om die tipiese ametrienkleure tot voorskyn te bring. Groen-geel of goudkleurige[[goudkleurig]]e-[[blou]] ametrien kom nie in die natuur voor nie.
 
== Verwysings ==
* [http://mineralminers.com/html/amtminfo.htm Ametrine: Mineral Information Page]
* [http://www.mindat.org/show.php?id=7606 Ametrine: Ametrine mineral information and data]
* [http://www.gia.edu/newsroom/issue/2798/2462/insider_newsletter_details.cfm#4 Insider Gemologist: What Are the Identifying Characteristics of Citrine, Ametrine, Smoky Quartz, and Scapolite?] {{webarchive |url=https://web.archive.org/web/20060905235601/http://www.gia.edu/newsroom/issue/2798/2462/insider_newsletter_details.cfm#4 |date=September 5, September 2006 }}
 
[[Kategorie:Mineralogie]]
85 954

wysigings