Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

Geen grootteverandering nie, 2 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
{{Inligtingskas Land
|noem_naam = '''Լեռնային Ղարաբաղի Հանրապետություն'''<br />'''Lernayin Gharabaghi Hanrapetut'yun'''
|volle_naam = '''Republiek van Nagorno-Karabach'''<br />'''Republiek van Artsach'''
|algemene_naam = Nagorno-Karabach
|beeld_vlag = Flag of Artsakh.svg
}}
 
Die '''Republiek van Nagorno-Karabach''' ([[Armeens]]: Լեռնային Ղարաբաղի Հանրապետություն, ''Lernayin Gharabaghi Hanrapetut'yun''), of '''Republiek van Artsach''' (Արցախի Հանրապետություն, ''Arts'akhi Hanrapetut’yun'')<ref>{{en}} [http://www.nkr.am/en/constitution/9/ ''Constitution of the Nagorno-Karabakh Republic. Chapter 1, article 1.2'']</ref> is 'n [[de facto]]-onafhanklike republiek in die suidelike [[Kaukasus]]-streek van [[Eurasië]].
 
== Bakermat van die Armeense beskawing ==
Armeniërs beskou Artsach as die bakermat van hul beskawing. Hier is die [[Armeense alfabet]] as een van die oudstes ter wêreld ontwikkel en vir die eerste keer in 'n skool gebruik, hier het die eerste gedrukte dokumente en werke in Armeens ontstaan, en hier het die Armeense kultuur en beskawing reeds 'n bloeitydperk beleef toe die huidige hoofstad Jerewan en ander nedersettings in die huidige Republiek van Armenië nog onbeduidende plekke was.<ref>{{de}} [http://www.spiegel.de/spiegel/print/d-13687666.html ''Der Spiegel'' 13/1992, 23 Maart 1992: ''Wir werden euch ausrotten. Kampf um Berg-Karabach und der Völkermord an den Armeniern'']</ref>
 
== Historiese en politieke agtergrond ==
[[Lêer:Karabach-Kaart.jpg|duimnael|links|'n Kaart van Nagorno-Karabach]]
[[Lêer:2014 Szuszi, Katedra Chrystusa Zbawiciela (01).jpg|duimnael|links|Christus-die-Verlosser-katedraal in Sjoesji]]
Die republiek beheer die grootste deel van die vroeëre Outonome Nagorno-Karabach-oblast en 'n aantal [[Azerbeidjan]]se distrikte wat aan [[Armenië]] in die weste en [[Iran]] in die suide grens en 'n landkorridor tussen Nagorno-Karabach/Artsach en die Republiek van Armenië vorm.<ref name="President">{{en}} [http://www.president.nkr.am/en/nkr/generalInformation/ Amptelike webwerf van die President van Nagorno-Karabach: ''Algemene Inligting oor Nagorno-Karabach'']</ref>
 
Die gebied van Nagorno-Karabach, wat merendeels deur etniese Armeniërs bewoon word, was 'n omstrede streek tussen Armenië en Azerbeidjan toe dié twee lande in 1918 van die [[Russiese Ryk]] onafhanklik geword het. Nadat die [[Sowjetunie]] in beheer van die gebied was, is in 1923 die Outonome Nagorno-Karabach-oblast gevorm wat in administratiewe opsig deel van die [[Azerbeidjanse Sosialistiese Sowjetrepubliek|Azerbeidjanse SSR]] uitgemaak het.
Die etniese konflik tussen Armeniërs en [[Azerbeidjanners]] het in die laaste jare van die Sowjetunie weer opgevlam en aanleiding tot die Nagorno-Karabach-oorlog gegee wat tussen 1991 en 1994 gevoer is.
 
Toe die verbrokkeling van die Sowjetunie reeds aan die gang was, is op 10 Desember 1991 'n referendum in Nagorno-Karabach en die naburige Sjahoemian-streek gehou wat tot die onafhanklikheidsverklaring van die Republiek van Nagorno-Karabach gelei het. Die republiek word tans nie deur enige lidstaat van die [[Verenigde Nasies]] amptelik erken nie, insluitende Armenië. Dit word egter deur drie nie-lidstate van die VN erken wat hulself eweneens eensydig onafhanklik verklaar het: [[Transnistrië]], [[Suid-Ossetië]] en [[Abchasië]].<ref>{{ru}} [http://www.abhazia.info/property/48-2010-12-28-07-06-44/76-abkhazia-istoria.html ''About Abkhazia – Abkhazia.info'']</ref>
 
Sedert die wapenstilstand van 1994 is die grootste deel van Nagorno-Karabach en 'n aantal aangrensende Azerbeidjanse gebiede onder die gemeenskaplike militêre beheer van die Armeense weermag en dié van Nagorno-Karabach. Verteenwoordigers van die Armeense en Azerbeidjanse regerings neem sedertdien aan vredesonderhandelinge deel wat deur die sogenaamde Minsk-groep van die [[OVSE|Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa]] bemiddel word. Armeense onderhandelaars tree hierby ook namens die Republiek van Nagorno-Karabach op.
 
Nagorno-Karabach handhaaf noue ekonomiese en politieke bande met Armenië. Die Armeense dram is die wetlike betaalmiddel in die land, en wette, wat deur die Armeense parlement in Jerewan aanvaar word, word gewoonlik ook in Nagorno-Karabach oorgeneem.<ref>{{de}} [http://www.abendblatt.de/politik/article122621847/Der-eingefrorene-Krieg-in-Berg-Karabach.html ''www.abendblatt.de, 6 Desember 2013: Der eingefrorene Krieg in Berg-Karabach. Besoek op 9 April 2014'']</ref>
98 670

wysigings