Verskil tussen weergawes van "George Bradshaw"

merkbar->merkbaar
(merkbar->merkbaar)
| handtekening =
}}
'''George Bradshaw''' (* [[29 Julie]] [[1801]]; † [[6 September]] [[1853]]) was 'n [[Engeland|Engelse]] kartograaf, drukker en uitgewer. Hy staan veral bekend as uitgewer van die wêreld se suksesvolste reeks van gekombineerde spoorwegroosters en reisgidse wat tussen [[1847]] en [[1939]] uitgegee is.
 
== Biografie ==
Bradshaw was 'n godsdienstige man. Alhoewel sy ouers allesbehalwe welvarend was, het hulle nogtans vir hom lesse betaal by 'n predikant en aanhanger van Emanuel Swedenborg. Hy het tot die Godsdiensgenootskap van Vriende (Kwakers) toegetree en baie van sy tyd aan [[filantroop|filantropiese]] werk bestee. So het hy met radikale hervormers soos Richard Cobden saamgewerk om vredeskonferensies te organiseer en skoolgeriewe en sopkombuise aan arm inwoners van Manchester te verskaf.
 
Volgens oorlewering het Bradshaw vanweë sy Kwakergeloof in die vroeë uitgawes van sy reisgidse nooit die maandname gebruik wat van [[Romeinse mitologie|Romeinse godhede]] afgelei is nie aangesien hierdie praktyk as "heidens" beskou is. Kwakers het destyds na Januarie as "eerste maand", na Februarie as "tweede maand" ensovoort verwys. Dieselfde reël is op dagname toegepas - so is Sondag gewoonlik die "eerste dag" genoem, ensovoorts.
 
In [[1841]] het hy 'n gehalte-weekblad in die lewe geroep, ''Bradshaw's Manchester Journal'', met George Falkner as redakteur. Dit was volgens 'n destydse beskrywing "'n baie veelsydige weekblad met 16 bladsye met 'n fokus op kuns, wetenskap en literatuur wat teen 'n lae prys van 1/½ pennie per week verkoop is". Ses maande later is die weekblad se naam gewysig tot ''Bradshaw’s Journal: A Miscellany of Literature, Science and Art'', en dit is vervolgens in [[Londen]] uitgegee. Die publikasie is reeds in [[1843]] gestaak.<ref>[http://www.mcrh.mmu.ac.uk/pubs/pdf/mrhr_17ii_thomas.pdf Trefor Thomas: ''George Bradshaw and Bradshaw’s Manchester Journal'': 1841–1843, In: ''Manchester Region History Review'', Maidment, 17ii vol. qxd, 24 Julie 2006, bl. 63]</ref>
 
Op [[15 Mei]] [[1839]] het Bradshaw in die huwelik getree. Tydens 'n reis deur [[Noorweë]] het hy in [[1853]] [[cholera]] opgedoen en is nog in September van dieselfde jaar daar in die ouderdom van 52 jaar oorlede nadat hy nie meer in staat was om na Engeland terug te keer nie. Bradshaw is in die begraafplaas langs die katedraal van [[Oslo]] ter ruste gelê.
 
== Bradshaw se spoorweggidse ==
=== Vroeë geskiedenis ===
[[Lêer:1850 Bradshaw Whitby.jpg|thumbduimnael|regs|Spoorwegrooster vir [[York]] en North Midlands uit die 1850-uitgawe]]
Bradshaw het al bekend gestaan as uitgewer van ''Bradshaw's Maps of Inland Navigation'' ("Bradshaw se Binnelandse Navigasiekaarte") met kaarte en beskrywings van kanale in Lancashire en [[Yorkshire]] toe sy Manchester-gebaseerde uitgewery op 19 Oktober 1830, kort ná die opening van die eerste spoorweë, die wêreld se eerste spoorwegrooster gepubliseer het. Dié linnegebonde boek het onder die titel ''Bradshaw's Railway Time Tables and Assistant to Railway Travelling'' ("Bradshaw se Spoorwegroosters en Gids vir Spoorwegreise") verskyn. Die gids is verkoop teen sikspens (2½p).
 
In 1840 is die titel gewysig na ''Bradshaw's Railway Companion'' ("Bradshaw se Spoorweggids") en die prys verhoog tot een sjieling. Nuwe uitgawes het op onreëlmatige intervalle verskyn, terwyl bylaes met opdaterings van tyd tot tyd gepubliseer is. Die oorspronklike Bradshaw-publikasies het nog voor die beperkte invoering van die Spoorweg-standaardtyd in November 1840 en sy geleidelike ontwikkeling tot 'n algemene standaardtyd verskyn.
[[Lêer:1891 Bradshaws Continental Railway Guide cover.png|thumbduimnael|links|200px|Die omslag van die 1891-uitgawe van Bradshaw se ''Continental Railway Guide'']]
In Desember 1841 het Bradshaw die prys volgens 'n voorstel van sy Londense agent, William Jones Adams, weer tot die oorspronklike sikspens verlaag. Die gidse is nou maandeliks onder die titel ''Bradshaw's Monthly Railway Guide'' gepubliseer. Baie spoorwegmaatskappye was ontevrede met Bradshaw se spoorwegrooster, maar hy het dié kritiek omseil met sy besluit om self 'n aandeelhouer van spoorwegmaatskappye te word en sy saak by aandeelhouers se vergaderings te stel.
 
Bradshaw se spoorweggids, wat tradisioneel met 'n geel omslag verskyn het, het gaandeweg sinoniem met sy uitgewer geword. So het Victoriane en Edwardiane na enige spoorwegrooster gewoon as ''a Bradshaw'' verwys, ongeag die spoorwegmaatskappy wat dit gepubliseer het, en sonder om daarop te let of Bradshaw werklik die uitgewer daarvan was of nie.
=== Latere geskiedenis ===
 
Vanaf 1923 was Bradshaw se gidse minder noodsaaklik vir treinreisigers nadat meer as 100 oorlewende spoorwegmaatskappye saamgesmelt is om die "Groot Vier" (''Big Four'') te vorm. Die getal spoorwegroosters, wat deur treinmaatskappye self uitgegee is, het dramaties afgeneem. Die maatskappye het nou 'n klein aantal omvattende roosters gepubliseer wat elkeen 'n deel van die land gedek het. Drie van die vier groot spoorwegmaatskappye het die produksie van hul roosters tussen 1923 en 1939 aan Bradshaw se uitgewery, Henry Blacklock & Co., oorgedra. Die meeste amptelike spoorwegroosters het sodoende as herdrukte uitgawes van die ooreenstemmende bladsye in Bradshaw-gidse verskyn. Slegs ''Great Western Railway'' het voortgegaan om hul eie formaat te publiseer.
 
In die tydperk tussen die twee wêreldoorloë is die werkwoord ''to Bradshaw'' in die Britse Koninklike Lugmag (''Royal Air Force'') as 'n neerhalende term vir vlieëniers gebruik wat nie regtig kon navigeer nie. Dié uitdrukking is moontlik gevorm om na diegene vlieëniers te verwys wat spoorweë as hul navigasielyne gebruik het.
 
Toe die Britse spoorweë in 1948 genasionaliseer is, het vyf van die ses nuwe ''British Railways''-streke aanvanklik die voorbeeld van voor-oorlogse treinmaatskappye gevolg en hul spoorwegroosters deur ''Blacklock'' te laat vervaardig. Die produksie is uiteindelik aan ander uitgewers oorgedra. Hierdie besluit het ''Blacklock'' se bedryfsinkomste merkbarmerkbaar laat daal. Dele van Bradshaw se gids is vanaf 1955 in ''British Railways (BR)'' se nuwer styl gepubliseer, maar die hele uitgawe se modernisering is nooit voltooi nie. In 1961 is Bradshaw se gids teen 12s 6d (62½p volgens die desimale stelsel) verkoop, in vergelyking met 6s (30p) vir 'n stel van BR se streeksroosters.
 
Vir Bradshaw-gidse was die einde onvermydelik. Die laaste uitgawe het as nommer 1521 in Mei 1961 verskyn. Die Britse spoorwegtydskrif ''The Railway Magazine'' het in dieselfde maand afskeidsartikel van Charles E. Lee gepubliseer. Intussen het herdrukte uitgawes van verskillende Bradshaw-gidse.
 
=== ''Bradshaw's Continental Railway Guide'' ===
In Junie 1847 het die eerste uitgawe van ''Bradshaw's Continental Railway Guide'' verskyn wat die roosters van spoorwegmaatskappye op die Europese vasteland verskaf het. Die gids het gaandeweg sterk in omvang gegroei en uiteindelik meer as 1&nbsp;000 bladsye beslaan, insluitend roosters, 'n reisgids-afdeling en 'n hotelgids. Die publikasie is in 1914 met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog gestaak. Ná die oorlog is dit 'n tyd lank hervat. Die laaste uitgawe het in 1939 verskyn. 'n Faksimile van die 1913-uitgawe is in September 2012 gepubliseer. Naas die gedrukte versie het ook 'n e-boek verskyn wat die volledige teks en 'n klein deel van die oorspronklike advertensies behels.
 
== ''Great British Railway Journeys/Great Continental Railway Journeys'' ==
Die Britse joernalis en televisiepersoonlikheid [[Michael Portillo]] het 'n uitgawe van een van Bradshaw se gidse (veral die 1863-uitgawe van ''Bradshaw's Descriptive Railway Hand-Book of Great Britain and Ireland'') vir sy televisiereeks ''Great British Railway Journeys'' gebruik. In hierdie dokumentêr, wat deur ''BBC Two'' vervaardig en uitgesaai is, reis hy dwarsdeur Groot-Brittanje. Die eerste seisoen van die reeks is vroeg in 2010 gebeeldsaai, die tweede vroeg in 2011 en 'n derde vroeg in 2012. 'n Vierde reeks het vroeg in 2013 gevolg.
 
In laat 2012 is 'n spesiale reeks, ''Great Continental Railway Journeys'', gebeeldsaai waarin Portillo vir sy reeks van spoorwegreise deur verskillende Europese lande en gebiede gebruik maak van die 1913-uitgawe van ''Bradshaw's Continental Railway Guide''.
 
== Verwysings ==
{{verwysingsVerwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
* [http://bradshawsguides.com/ ''Bradshaw's Guides'']
 
[[Kategorie:Engelse uitgewers]]