Verskil tussen weergawes van "Iran"

1 112 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
Etiket: 2017-bronwysiging
 
Baie konserwatiewes beskou die toetrede van vroue tot die arbeidsmark as 'n westerse verskynsel en 'n saak van ondergeskikte belang. Volgens Iran se godsdienstige en politieke opperleier Khamenei fokus die amptelike vrouebeleid op huisvroue wat hul huishoudelike take in 'n "ontspanne atmosfeer" moet kan vervul.<ref>[http://transparency-for-iran.org/politik/frauendiskriminierung-als-politisches-druckmittel ''Transparency for Iran, 2 Augustus 2014: Frauendiskriminierung als politisches Druckmittel. Besoek op 7 September 2014'']</ref> Die geslagtelike skeiding, wat aanvanklik net in openbare plekke soos skole, speelterreine en openbare vervoer toegepas is (vroue sit byvoorbeeld in Iranse busse aan die agterkant, terwyl mans die voorste gedeelte gebruik<ref>[http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2000/09/14/3/11.html ''Volksblad, 14 September 2000: Iranse meisies moet nou alleen speel. Besoek op 7 September 2014'']</ref>), word toenemend ook na die werksvloer uitgebrei. Teheran se burgemeester Mohammad Bagher Ghalibaf het in Mei 2014 aangekondig dat die werkplekke van mans en vroue in die Iranse hoofstad se administrasie ruimtelik van mekaar geskei sal word.<ref>[http://transparency-for-iran.org/politik/frauendiskriminierung-als-politisches-druckmittel ''Transparency for Iran, 2 Augustus 2014: Frauendiskriminierung als politisches Druckmittel. Besoek op 7 September 2014'']</ref>
 
=== Vrouekwota ===
In August 2017 het president Rouhani sy voorneme aangekondig dat binne 'n tydperk van vier jaar dertig persent van leidende posisies in Iranse staatsdepartemente, owerhede en staats- en privaat ondernemings deur vroue beklee sal word.<ref>[http://iranjournal.org/news/iran-rouhani-frauenquote ''Iran Journal, 23 Augustus 2017: Rouhani führt Frauenquote ein. Besoek op 27 Augustus 2017'']</ref> Daarnaas sal die inwerkneming van jonger kandidate van albei geslagte met minder as vyftien jaar beroepservaring vir leidende poste bevorder word. Die bevordering van gelyke regte vir vroue en inwerkneming van vroulike kandidate vir leidende poste was van Rouhani se belangrikste verkiesingsbeloftes.
 
 
Rouhani se nuwe kabinet het nogtans aanvankli uitsluitlik uit manlike politici bestaan. Intussen is drie vroue in leidende regeringsposte benoem - Masoumeh Ebtekar as visepresident en amptenaar belas met vroue- en familiesake, Shahindokht Molaverdi as visepresident en amptenaar belas met burgerlike regsaangeleenthede, en Laiya Joneidi as regsadviseur.<ref>''Iran Journal, 23 Augustus''</ref>
 
=== Buitelandse beleid ===
105 010

wysigings