Verskil tussen weergawes van "Bill Curry"

183 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Rol weergawe 1428444 deur Winstonza (bespreek) terug.)
No edit summary
| Geboortedatum = [[26 Maart]] [[1931]]
| Geboorteplek = [[Kaapstad]]
| Nasionaliteit = [[Suid-AfrikaansAfrika]]
| Sterftedatum =
| Sterfteplek =
}}
 
'''Bill Curry''' (geb. [[26 Maart]] [[1931]])<ref>[http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2011/03/26/SK/12/billicurry.html Internasionale teaterlegende Bill Curry vier vandag 80 jaar, Die Burger, 26 Maart 2011] URL besoek op 1 Maart 2013</ref> is ’n [[Suid-Afrika]]anse [[akteur]] en regisseur, en hy was waarskynlik die land se eerste [[Kleurlinge|bruin]] teater-ster in die middel van die [[apartheid]]sjare.<ref name="HAT Taal-en-feitegids">HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8</ref>
 
== Loopbaan ==
Curry het sy loopbaan in [[Kaapstad]] se amateurteater begin toe hy 12 jaar oud was.<ref>[http://esat.sun.ac.za/index.php/Bill_Curry The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance] URL besoek op 1 Maart 2013</ref> en was ewe tuis was in Afrikaans en Engels. Hy is in 1956 na [[Londen]], waar hy studeergestudeer en ondervinding opgedoen het. In 1972 was hy een van die stigterslede van [[Die Ruimte]], waar hy verskeie jare opgetree het saam met akteurs soos [[Yvonne Bryceland]] in toneelstukke soos ''Snowhite & the Special Branch!'' ([[Pieter-Dirk Uys]], 1974).
 
In 1976 is hy Johannesburg toe waar hy onder meer in die [[Markteater]] opgetree het. Hy was saam met [[Joe Stewardson]] in [[John Steinbeck]] se ''Of Mice and Men'', saam met [[Bess Finney]] in ''The Gin Game'' en ook in [[Hennie Aucamp]] se ''Met Permissie Gesê''. Sy rol in [[Athol Fugard]] se ''A Lesson from Aloes'' was een van sy grootste rolle. Hy het dié rol ook later in die National Theatre in Londen vertolk<ref>[http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2009/03/19/SK/16/ATHOLFUGARD.html Nuwe stuk van Fugard in April, Die Burger, 19 Maart 2009] URL besoek op 1 Maart 2013</ref> saam met Marius Weyers en Shelagh Holiday.
 
In 1977 het hy, [[Chris Galloway]], [[Dawie Malan]] en ander die eksperimentele teatergroep [[Fringe]] gestig, waar hy die regisseur van onder meer ''The Riddle Machine'' was.
 
In 1980 was hy in die [[Laager]] te sien in Israel Horowitz se ''The Indian Wants the Bronx'' saam met [[Michael Richard]] en [[Jonathan Rands]], met [[Bobby Heaney]] as regisseur. In 1982 het ’n rol in Uys se ''Hell is for Whites Only'' gevolg. In 1989 het hy vir die Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste ([[Truk]]) gespeel in [[Jean Genet]] se ''The Blacks'' en in 1993 was hy in Fugard se ''Boesman and Lena''. Hy was by Truk tot met die raad se ontbinding.
 
== Toneelstukke ==
* ''Snowhite & the Special Branch!''
* ''Of Mice and Men''
* ''The Gin Game''
* ''Met Permissie Gesê''
* ''An Evening with Marcel Proust''
* ''Ashes''
* ''Balls''
* ''The Caretaker''
* ''Don't Drink the Water''
* ''Dracula''
* ''Drivers''
* ''Endgame''
* ''A Flea in her Ear''
* ''Old King Cole''
* ''The Resistable Rise of Arturo UI''
* ''Living in Strange Lands (Tsafendas)''
* ''Die Van Aardes van Grootoor''
* ''A Lesson from Aloes''
* ''The Indian Wants the Bronx''
* ''Hell is for Whites Only''
* ''The Blacks''
* ''Boesman and Lena''
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}