Verskil tussen weergawes van "Sneeu"

20 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
Opruim, replaced: thumb| → duimnael| (5), |right| → |regs| (4), meer of min → min of meer using AWB
k (→‎Verwysings: Link FA is now handled by Wikidata, removed: {{Link FA|fi}} (3) using AWB (10861))
k (Opruim, replaced: thumb| → duimnael| (5), |right| → |regs| (4), meer of min → min of meer using AWB)
[[Lêer:Schneekristalle2.JPG|thumbduimnael|rightregs|Sneeukristalle vorm 'n bisarre landskap naby Kladská in [[Tsjeggië]]]]
'''Sneeu''' (ook bekend as '''kapok''') is 'n soort neerslag in die vorm van kristalagtige<!--kristalvormige is ook ok---> waterys. Dit bestaan uit 'n menigte sneeuvlokke wat uit wolke val. Aangesien sneeu uit klein ysdeeltjies saamgestel is, is dit 'n korrelagtige materiaal. Sneeu het 'n oop en dus sagte struktuur tensy dit deur eksterne druk saamgepak word.
 
== Kristalvorming ==
[[Lêer:SnowflakesWilsonBentley.jpg|thumbduimnael|rightregs|250px|Sneeuvlokke <br />Foto: Wilson Bentley]]
Sneeu ontstaan sodra fynste druppeltjies van baie koue water hulle met vaste kristallisasiepartikels soos byvoorbeeld stofdeeltjies verbind en bevries. Hierdie proses begin egter eers by temperature van minder as -12&nbsp;°C, waarby water in die afwesigheid van kristallisasiekerne selfs by temperature van tot by -40&nbsp;°C vloeibaar kan wees.<ref>Gerhard Karl Lieb: ''Schnee und Lawinen.'' Lesing in die wintersemester 2001/02, Institut für Geografie und Raumforschung, Graz (Oostenryk) ([http://www.uni-graz.at/geowww/geo/download/lieb_schnee_lawinen.pdf PDF, 248 kB])</ref> Die yskristalle wat hierby begin vorm is minder as 0,1 millimeter groot en val as gevolg van hul toenemende gewig na benede. Vanweë die verskillende stoomdruk van ys en koue water groei hulle steeds verder. Die waterdamp in die lug bevries regstreeks tot ys en bevorder sodoende die kristalle se groei. Die sneeukristalle begin hulle tipiese seshoekige vorm aanneem, waarby weens die besondere struktuur van die [[water]]molekuul net hoeke van onderskeidelik 60° en 120° voorkom.
 
In die geval van 'n hoë termiek beweeg die kristalle verskeie kere vertikaal deur die [[atmosfeer]], word gedeeltelik opgesmelt en kan weer opnuut kristalliseer. Hierdie proses verander die oorspronklike reëlmatige struktuur en lei tot 'n groot aantal ingewikkelde mengvorme. Dikwels word daar beweer dat twee sneeuvlokke nooit dieselfde sou lyk nie. Die navorsers Bentley en Humphreys het in [[1962]] meer as 6&nbsp;000 verskillende kristalvorme getel.
 
Net soos met hulle groot antal vorme verbaas sneeukristalle ook met hulle simmetrie wat van hulle ook 'n gewilde voorbeeld van die fraktale geometrie gemaak het. Die verskillende vertakkinge groei in 'n sneeukristal steeds op dieselfde manier en blykbaar ook met min of meer dieselfde snelheid, selfs as hulle spitse, waar hulle verder groei, dikwels 'n paar millimeter uitmekaar lê. Moontlik is die groeitoestande aan die spitse van verskillende vergelykbare kernplekke op gelyke tydstippe ook meermin of minmeer dieselfdes.<ref>Kenneth G. Libbrecht: [http://www.its.caltech.edu/~atomic/snowcrystals/faqs/faqs.htm ''Frequently Asked Questions about Snow Crystals''], die webwerf van 'n professor vir fisika by [[Caltech]]</ref>
 
'n Hoë lugvogtigheid bevorder die groei van die mees ingewikkelde en filigrane strukture. By temperature van minder as -30&nbsp;°C tree gewoonlik geen sneeuvalle meer op nie - die lug is dan te droog vir die vorming van sneeukristalle. Nogtans trek daar onder bepaalde omstandighede nog wolke, waarin al sneeukristalle gevorm het, as gevolg van adveksie saam. Hierdie soort sneeuwolke is gewoon donker, en hoe groter die wolk, hoe groter die vogtigheid. Die wolk laat minder lig deurskyn en word sodoende donker.
 
== Sneeuvlokke ==
[[Lêer:Galerie flocons.jpg|thumbduimnael|rightregs|450px|'n Galery van tipiese sneeuvlokke]]
Sodra die [[lugtemperatuur]] tot vriespunt daal word die yskristalle deur middel van klein waterdruppels aan mekaar vasgeheg, en die sneeuvlokke wat ontstaan lyk soos fyn stukkies watte. Gedurende sterk reën kom sneeuval egter ook by temperature van omtrent 5&nbsp;°C of ietwat hoër voor, terwyl reën by temperature benede vriespunt soms as sogenaamde ysreën val. Hierdie komponente is afhanklik van die struktuur en stabiliteit van die verskillende luglae, geografiese invloede en weerselemente soos sogenaamde kouelugdruppels. Sneeuvalle by lae temperature word deur baie klein sneeuvlokke gekenmerk.
[[Lêer:Snow crystals 2b.jpg|left|175px|thumbduimnael|'n Gewone heksagoniese dendritiese sneeuvlokkie, vergroot met 'n lae-temperatuur skanderende elektronmikroskoop. Die beeld is kunsmatig gekleurd om die sentrale vlokkie te beklemtoon.]]
Sneeuvlokke bevat tot by 95 persent lug en het sodoende 'n groot oppervlakte. Vanweë hul hoër lugweerstand val hulle in vergelyking met ander neerslae relatief stadig; hulle snelheid van omtrent 4 &nbsp;km/h is aansienlik laer as dié van byvoorbeeld gemiddelde sterk reën met 20 &nbsp;km/h of hael wat deur baie hoë snelhede gekenmerk word.<ref>Bart Geerts: [http://www-das.uwyo.edu/~geerts/cwx/notes/chap09/hydrometeor.html Fall speed of hydrometeors], deel van die [http://www-das.uwyo.edu/~geerts/cwx/ Resources in Atmospheric Sciences] van die Universiteit van Wyoming (VSA)</ref>
 
Sneeu het sy wit kleur eweneens aan die yskristalle te danke, waarvan elkeen net soos ys deursigtig is. Die lig van alle siigbare golflengtes word op die oppervlaktes, wat die yskristalle teen die omgewingslug afgrens, geweerkaats en verstrooi. 'n Groot aantal yskristalle wat deurmekaar geposisioneer is lei tot 'n diffuse weerkaatsing, en die sneeu kry 'n wit voorkoms. 'n Soortgelyke verskynsel tree byvoorbeeld ook by sout op wanneer 'n mens poeier en groter kristalle met mekaar vergelyk.
 
=== Geskiedenis ===
[[Lêer:Fresh-fallen snow - Neuschnee 7 December 2003.jpg|thumbduimnael|rightregs|250px|Die eerste sneeu]]
Die heksagonale struktuur van sneeuvlokke was in die Sjinese Keiserryk al in die 2de eeu v.C. bekend. In die weste is hierdie eienskap vir die eerste keer in [[1591]] deur die Engelse wiskundige Thomas Harriot ontdek, maar nog nie gepubliseer nie. Wetenskaplike werke oor die groot aantal vorme wat sneeukristalle kan aanneem is ook deur Johannes Kepler en Renè Descartes geskryf. Die eerste stelselmatige ondersoek is egter eers deur Ukichiro Nakaya deurgevoer wat in [[1936]] as eerste wetenskaplike daarin geslaag het om kunsmatige sneeuvlokke te vervaardig en hulle in [[1954]] in meer as 200 verskillende tipes gekategoriseer het.
 
=== Sneeumetings ===
Sneeu-neerslae word deur middel van gewone reënmeters gemeet. Om hulle teen opgewaaide sneeu te beskerm, word sogenaamde sneeukruise daarop aangebring. Die dikte van 'n sneeulaag word met sneeupeile bepaal, maar kan ook met ultraklank-apparate gemeet word.
 
Die watergehalte (of waterekwivalent) van 'n sneeulaag en sy digtheid speel 'n belangrike rol in die klimatologie en hidrologie. Ook die sneeugrens, wat sneeubedekte en sneeuvrye gebiede van mekaar skei, is 'n belangrike klimatologiese kensyfer.