Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

1 416 grepe verwyder ,  2 jaar gelede
Diens
Deur die een of ander mate van vaardigheid, kundigheid en ervaring te gebruik neem diensverskaffers deel aan die [[ekonomie]] sonder die beperkinge wat voorraad of roumateriale meebring. Diensverskaffing word beskou as 'n tersiêre nywerheidsektor (Met mynbou, landbou en visserye en vervaardiging as primêre en sekondêre sektore).
 
Diens is een nederlands/afrikaans woord voor in dienst zijn
==Sleutelkenmerke==
Dienste is ontasbaar en kan nie soos gewone goedere gestoor word nie. Die voordele wat dienste meebring is dikwels moeilik om te begryp en daarom vereis dit gewoonlik bemarking wat daarop gemik is om 'n kreatiewe visuele beeld in die kliënt se verbeelding te vestig. Uit die kliënt se oogpunt is dienste moeilik om te evalueer en te vergelyk voordat die diens gelewer word. Dienste is verganklik, onverkoopte dienstyd is 'n verlore ekonomiese geleentheid. As 'n geneeskundige slegs besprekings het vir twee ure in 'n dag kan hy nie later daardie ure werk nie en is die ekonomiese geleentheid daarmee heen. Ander voorbeelde is vliegtuigsitplekke (wanneer die vliegtuig vertrek kan die leë sitplekke nie meer verkoop word nie) en teatersitplekke (kaartjieverkope eindig voor die vertoning).
 
Dienste is tipies nie homogeen nie en word aangepas na gelang van die kliënt. Dienste kan ook nie maklik soos ander goedere in 'n massaproduksie-proses gelewer word nie. Daarom is kwaliteitsversekering van dienste ook meer problematies. Die insette en uitsette van dienste is gewoonlik hoogs veranderlik asook die verwantskappe tussen die prosesse wat dit moeilik maak om konsekwente kwaliteit te lewer. Die arbeidsintensiewe aard van dienslewering noodsaak baie menslike aktiwiteit eerder as 'n presiese voorafbepaalde proses. Menslike hulpbronnebestuur is 'n belangrike kwessie en is dikwels 'n bepalende faktor ten opsigte van sukses in die sektor.
 
==Verwysings==
Anonieme gebruiker