Verskil tussen weergawes van "Wikipediabespreking:Administrateur"

geen wysigingsopsomming nie
 
Ek dien vandag my bedanking as administrateur by die Afrikaanse Wikipedia in. Dit volg op 'n string ongegronde aantygings en 'n patetiese rasseherrie wat [[Gebruiker:BooysenN]] probeer aanhits en my daarby probeer insluit. Ek voel dit is in die beste belang van die stabiliteit van die projek en die atmosfeer wat hier heers dat alle pogings aangewend moet word om hierdie negatiewe situasie te probeer ontlont. Nazeer is lief daarvoor om die arme slagoffer te speel om sy eie persoonlike idees by 'n klein, vatbare projek soos die Afrikaanse Wikipedia te probeer afdwing. Hy is egter nie in al sy uitsprake verkeerd nie: hy is reg, ek het al foute gemaak (bv. die kwessie oor of 'n gebruiker sy eie besprekingsbladsy mag vandaliseer - m.i. is dit nie 'n uitgemaakte saak nie en hoef ons nie noodwendig die Engelse Wikipedia se presedent te volg nie) en hy is reg, ek het nie adminregte nodig nie. Hier is genoeg admins vir 'n projek van ons grootte. Dat ek 'n rassis is of dat ek partydig is, is egter uiters aanstootlike en ongegronde aantygings, en m.i. 'n ernstige rassistiese oortreding op sigself, en deur as administrateur te bedank, hoop ek dat dit nie die projek verder sal affekteer nie. Dit sal Nazeer ook 'n geleentheid gun om hom met die reëls en konvensies te vergewis sodat as hy weer oortree, hy nie my as 'n swart skaap kan teiken om sy eie onkonstruktiewe gedrag te probeer regverdig nie. Ek sal steeds betrokke wees as 'n gebruiker sonder adminregte. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 11:38, 10 September 2017 (UTC)
 
: En nog meer persoonlike kommentaar van jou. Wat is "patetiese rasseherrie"?
: ''"om sy eie persoonlike idees by 'n klein, vatbare projek soos die Afrikaanse Wikipedia te probeer afdwing"''
: Om die afdwinging van politieke idees te sien kyk net na [https://en.wikipedia.org/w/index.php?title=Rhodes_Must_Fall&diff=prev&oldid=705650234] [https://en.wikipedia.org/w/index.php?title=Rhodes_Must_Fall&diff=prev&oldid=714322340] x2 wysigingsoorlog deur K175 sonder enige bespreking. Ek wil net neutraliteit afdwing, om 'n woord '''VAN N BETROUBARE BRON''' aan te haal is nie die drywing van enige politieke agendas nie - dis die drywing van wikibeleid.
: Jy noem vir my as 'n "vandal" en "ongeleerde". Sulke gedrag is onaanvaarbaar van 'n administrateur. Jy wil ook my laster met partydige waarskuwings op my kletsblad - ek is nou gatvol om myself weer en weer te herhaal terwyl jy en die IPs my beskuldig van die drywing van politieke agendas.
: Alles in Wikipedia word aangeteken, die globale wikigemeenskap moet kom sien die manier waarop jy jou admninregte misbruik. --[[Gebruiker:BooysenN|Nazeer]] ([[Gebruikerbespreking:BooysenN|kontak]]) 13:12, 10 September 2017 (UTC)
623

wysigings