Verskil tussen weergawes van "Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke"

geen wysigingsopsomming nie
* Selde word fonetiese skrif naas die lemma gebruik, selfs al is daar 'n [http://dspace.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/9486/Uitspraakwoordeboek%20van%20Afrikaans.pdf?sequence=1 verouderde uitspraakwoordeboek] beskikbaar. Sonder die uitspraaknotering bly Afrikaans slegs 'n "leestaal", maar nie 'n praattaal nie. Die taalleerder kan makliker hom skuldig maak aan [[letteruitspraak]]. Om die besuiniging van bladruimte word selde ook spreekwoorde en frases toegevoeg.
 
* Dikwels is 'n uitvoerige Engelse vertalende woordeboek (met fonetiese transkripsie) van 'n betrokke vreemde taal vryelik op die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar. Duitse of Nederlandse vertalende woordeboeke van ander vreemde tale (indien dit wel bekom kan word) word ook dikwels gebruik om die oerteks beter in Afrikaans oor te sit (byvoorbeeld werke uit [[Frans]]). Sodoende word 'n Afrikaans-vreemdetaalwoordeboek dikwels as oorbodig beskou. Volgens G.P. Kirsten: ''My Russiese studies het in die geheel swaar geleun op Russies-Engels of Russies-Duitse woordeboeke, en ek het eintlik nooit die afwesigheid van 'n Afrikaans-Russiese woordeboek as 'n gemis gevoel nie''<ref name="Kirsten">[http://152archive.111.1.87is/argief/berigte/dieburger/1994/03/08/8/7.html3QurP Kirsten, G.P. 1994. Woordeboek 'n liefdeswerk. ''Die Burger'', 08 Maart:8]</ref>
 
* Net so dikwels word aangevoer daar is nie genoeg tweetalige-akademici of proeflesers wat bekwaam genoeg is om 'n vreemdetaalwoordeboek te assesseer nie. In die Afrikaanse oorde word dan wag gemaak op 'n kundige van Afrikaans "van buite". Soos in die geval van Joy H. Wagner se eerste Afrikaans-Russiese Woordeboek, kon sy nie daarin slaag om 'n Russiese proefleser wat ook Afrikaans magtig is, op te spoor nie.<ref name="Elfra">[http://152archive.111.1.88is/argief/berigte/beeld/1994/01/10/10/4.htmlFfO3a Erasmus, Elfra. 1994. Afrikaans-Russiese woordeboek verskyn. Beeld, 10 Januarie:10]</ref> Dit is weer 'n sirkelredenasie, aangesien iemand in Rusland weer sukkel om iemand in Afrikaans (wat 'n veel kleiner bevolking is) te vind wat Russies tot op moedertaalvlak magtig is.
 
* Uitgewerye is heel dikwels huiwerig om 'n Afrikaans-vreemdtalige woordeboek te druk. Indien die markaanvraag nie groot genoeg sou wees nie, lei dit op sy beurt weer tot geldelike verlies.
 
=== Japannees ===
* 'n Gepubliseerde Afrikaans-Japannese Woordelys van 1 500 lemmas ( アフリカーンス語基礎1500語 ) – Takashi Sakurai (ook soms geskryf: Takasji Sakoerai) – ca. 1986.<ref>[http://152archive.111.1.87is/argief/berigte/dieburger/1996/11/13/14/20.html4S9sw ''Die Burger''. 1996. Japannees besig met woordeboek. 13 November:14]</ref>
* アフリカーンス語基礎語彙集 (ander titel: ''Kernwoordelys vir gebruik by 'n inleidingskursus in Afrikaans'') – Ernst Kotzé, Takashi Sakurai – 2000.
* ''Afrikaans-Japannese woordeboek : met Engelse vertalings (アフリカーンス語・日本語基礎語辞典 Afurikānsugo Nihongo kisogo jiten)'' – Ernst Kotzé, Takashi Sakurai – 2001.<ref>[http://152archive.111.1.88is/argief/berigte/beeld/2000/04/26/9/2.html4S9sw ''Beeld''. 2000. Professor in Afrikaans na Japan oor woordeboek. 26 April:9]</ref><ref>[http://152archive.111.1.87is/argief/berigte/dieburger/2001/06/09/4/15.html6omKS Strydom, Linda. 2001. Japannees `bied sakelui voorsprong'. ''Die Burger'', 06 September:4]</ref>
 
=== (Regs)Latyn ===
 
=== Russies ===
* ''Beknopte Afrikaans-Russies, Russies-Afrikaans Woordeboek: ongeveer 22 000 woorde'' – Joy H. Wagner<ref>[http://152archive.111.1.88is/argief/berigte/beeld/1992/10/19/12/7.htmlgE9Ev Fourie, C. 1992. Dié Rus na SA gelok met eksemplare van Beeld. ''Beeld'', 19 Oktober:12]</ref><ref name="Elfra" /><ref name="Kirsten" /> – 1993.
* ''Moderne Russiese-Boere-Woordeboek'' – Svetlana Leshchenko (Swetlana Lesjtjenko) – 1 September 2014.
* (''In wording''…) Woordeboek deur Ewgeny Artemof<ref>[http://152archive.111.1.88is/argief/berigte/beeld/2014/08/27/5/carus_31_0_567600898.htmlttORb Nel, C.A. 2014. Taal lok Rus om gids te skryf. ''Beeld'', 27 Augustus: 5]</ref>
 
=== San ===
13 472

wysigings