Verskil tussen weergawes van "Limpopo"

9 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
:''Hierdie artikel handel oor die provinsie in Suid-Afrika. Vir die gelyknamige rivier, sien gerus [[Limpoporivier]].''
{| style="float:right; width: 300px; margin: 0 0 0.5em 1em;" id="toc"
|+ {{Teksgrootte|120%|'''Limpopo'''}}

|colspan="2" style="text-align:center;"|
|125 754 vk km

|'''Bevolking (2011)<ref name=2011-sensus>[http://www.statssa.gov.za/Census2011/Products/Census_2011_Census_in_brief.pdf statssa.gov.za] - 2011-sensus</ref>'''
|5 404 868

|'''[[Taal|Tale]]<ref name="2011-sensus" />'''
| [[Sepedi]] (52,9%)
[[Xitsonga]] (17,0%)
[[Venda (taal)|Tshivenda]] (16,7%)
[[Afrikaans]] (2,6%)

|'''Etniese verdeling<ref name="2011-sensus" />'''
| Swart (96,7%)
Blank (2,6%)
Kleurling (0,3%)
Asiër (0,3%)

'''Limpopo''' is 'n provinsie in [[Suid-Afrika]]. Die hoofstad is [[Polokwane]] (voorheen Pietersburg). Die provinsie kry sy naam van die [[Limpoporivier]] wat die mees noordelike rivier in Suid-Afrika is en die grens tussen Suid-Afrika en [[Zimbabwe]] vorm.

Limpopo het vroeër as die Noordelike Provinsie en voor 1994 as Noord-Transvaal bekend gestaan. Sedert 1994 sluit dit ook die voormalige tuislande [[Venda (tuisland)|Venda]], [[Gazankulu]] en [[Lebowa]] in.

Belangrike plekke is [[Lephalale]] ([[Ellisras]]), [[Louis Trichardt, Limpopo|Louis Trichardt]], [[Musina]], [[Phalaborwa]], [[Mokopane]] ([[Potgietersrus]]), [[Thabazimbi]] en [[Bela Bela]] ([[Warmbad]]).

== Besienswaardighede ==
Die bekendste toeriste-aantrekkings in Limpopo is die [[Nasionale Krugerwildtuin]], waarvan die noordelike gedeelte in Limpopo geleë is, die [[wêrelderfenisgebied]] van die [[Mapungubwe Nasionale Park]], die [[Waterberg]]-bergreeks met die Welgevonden-natuureservaat, die warm mineraalbaddens van [[Bela Bela]] ([[Warmbad]]) en ook [[Tshipise]], die sogenaamde kulturele dorpe ([[Engels]]: ''cultural villages'') van die plaaslike swart volke en die tradisionele stamgebied van die [[Vendas|VhaVenda]].

Die ivoorroete volg die spore van die vroeë ivoorjagters en goudhandelaars.

== Vroeë geskiedenis ==
[[Lêer:Excavations.jpg|duimnael|links|250px|Argeologiese opgrawings in [[Mapungubwe]]]]
Die wêrelderfenisgebied van die Mapungubwe Nasionale Park pronk met argeologiese vondse uit die tydperk van 'n magtige plaaslike koninkryk wat hier tussen [[800]] en [[1290]] n.C. bestaan het. Die oorblyfsels van 'n [[nedersetting]] uit die tydperk tussen die 15de en 17de eeu kan in Thulamela in die noordelike gedeelte van die Nasionale Krugerwildtuin besigtig word.
Volgens sensussyfers was Limpopo se totale bevolking 5 404 868 in die jaar 2011. Die tale van die plaaslike swart bevolking is Noord-Sotho of Sepedi (die moedertaal van 52,9 persent van die bevolking), Xitsonga (17 persent) en Thsivenda (16.7 persent). Die meeste blankes in die provinsie is [[Afrikaners]] (2,4%), en 2,6 persent van die bevolking praat [[Afrikaans]] as moedertaal.

== Geografie ==
Limpopo beslaan 'n oppervlakte van 125 755 [[vierkante kilometer]] en is hoofsaaklik wes en suid van die Limpoporivier geleë.

Daar is 5 distrikte in die provinsie, naamlik:
* [[Capricorn-distriksmunisipaliteit|Capricorn]]
* [[Mopani-distriksmunisipaliteit|Mopani]]
* [[Sekhukhune-distriksmunisipaliteit|Sekhukhune]]
* [[Vhembe-distriksmunisipaliteit|Vhembe]]

== Ekonomie ==
Landbou en mineraalmynbou vorm die ruggraat van die ekonomie in Limpopo en die toerismebedryf is ook goed ontwikkel. Daar is groot kopermyne in Musina en Phalaborwa. Minerale soos [[koper]], [[asbes]], [[steenkool]], [[yster]]erts en [[platinum]] word ontgin. In die subtropiese noorde word [[lemoen]]e, [[piesang]]s, [[avokado]]'s, [[veselperske|mango]]'s, [[papaja]]s, [[koejawel]]s en [[lietsjie]]s gekweek, en in die suide [[mielies]], [[sonneblom]]me, [[katoen]], [[druiwe]] en [[grondboontjie]]s. [[Bees]]boedery word hoofsaaklik in die weste bedryf en in die omgewing van [[Tzaneen]] is [[tee]]-, [[sitrus]]- en [[hout|bosboubosbouplantasies]]plantasies aangelê.

== Sien ook ==

== Verwysings ==
{{verwysingsVerwysings}}

{{Provinsies van Suid-Afrika}}
{{Limpopo Munisipaliteite}}
{{coordKoördinate|24|00|S|29|30|EO|region:ZA_type:adm1st_source:GNS-enwiki|displayaansig=titletitel}}

{{coord|24|00|S|29|30|E|region:ZA_type:adm1st_source:GNS-enwiki|display=title}}

[[Kategorie:Limpopo| ]]