Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

Geen grootteverandering nie, 1 jaar gelede
Bygewerk
{| align="right" cellpadding="2" cellspacing="0" style="border:1px solid #88a; background:#CEDAF2; padding:5px; font-size: 85%; margin: 0 0 0.5em 1em; border-collapse:collapse;"
! align="center" colspan="2" style="color: #FFFFFF000000; background: #003399f7f8ff; padding: 4px; font-size:170%;" |
'''Milwaukee'''<br />
[[Lêer:Collage of sites in Milwaukee.jpg|280px]]
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | {{vlagland|Verenigde State}}
|- style="border-top:1px solid #999;"
|&nbsp;'''[[Deelstate van die Verenigde State van Amerika|Deelstaat]]'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | [[Lêer:Flag of Wisconsin.svg|23px]] [[Wisconsin]]
|- style="border-top:1px solid #999;"
|&nbsp;'''[[County (Verenigde State)|CountyCounties]]'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | Milwaukee County<br />Waukesha County<br />Washington County
|- style="border-top:1px solid #999;"
|-
| &nbsp;'''Hoogte bo seevlak'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 188 &nbsp;m
|- style="border-top:1px solid #999;"
|- style="border-top:1px solid #999;"
|-
|&nbsp;'''Tydsone'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | CST ([[UTC]] -6) <br /> Somertyd: CDT (UTC -5)
|- style="border-top:1px solid #999;"
| &nbsp;- [[Somertyd]]
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | CDT (UTC -5)
|- style="border-top:1px solid #999;"
|-
|-
| &nbsp;- Gemiddelde jaarlikse temperatuur
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 87,39&nbsp;°C
|-
| &nbsp;- Gem. temp. Januarie/Julie
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | -65,34 / 22,21&nbsp;°C
|-
| &nbsp;- Gemiddelde jaarlikse neerslae
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 818 882,9&nbsp;mm
|-
|&nbsp;'''Burgemeester'''
|}
 
'''Milwaukee''' is die grootste stad en belangrikste hawe van die [[Deelstate van die Verenigde State van Amerika|VSA-Amerikaanse deelstaat]] [[Wisconsin]] en die 22<sup>ste</sup>22ste grootste stad in die land met 'n bevolking van 594&nbsp;833 volgens die sensus van 2010. Milwaukee lê aan die suidwestelike oewer van die [[Michiganmeer]], 112 kilometer noord van [[Chicago]]. Die stad dien as die administratiewe setel van die Milwaukee-distrik en as die kulturele en ekonomiese sentrum van die metropolitaanse gebied van Milwaukee-Racine-Waukesha met 'n totale bevolking van 1,7 miljoen.
 
Die eerste [[Europa|Europeërs]] wat die gebied van Milwaukee verken het, was [[Frankryk|Franse]] sendelinge en [[VoyageurCoureur de bois|pelshandelaars]]. Die Franse setlaar [[Solomon Juneau]] het hom in 1818 in die gebied gevestig en in 1846 het sy nedersetting met twee ander buurdorpe saamgesluit om as die ''City of Milwaukee'' (Stad Milwaukee) geïnkorporeer te word. Danksy die groot getalle [[Duitsland|Duitse]] en ander immigrante het die stad in die 1840's en in die volgende dekades vinnig gegroei.
 
Duitse immigrasie het ook die basis gevorm vir Milwaukee se "goue tydperk" vanaf die middel van die 19de eeu wat deur 'n florerende kulturele en politieke lewe gekenmerk was en sy hoogtepunt in 1912 met die verkiesing van die eerste sosialistiese burgemeester in die [[Verenigde State van Amerika|Verenigde State]] bereik het.
 
== Etimologie ==
Milwaukee se naam is afgelei van die [[Indiane|Indiaanse]] woorde ''Millioke'' en ''Mahn-a-waukee Seepe'', wat letterlik "Die Goeie Land" of "Vergaderplek by die Water" beteken. 'n Ander vertaling is "Verruklike of Aangename Landerye". Die eerste ontdekkers het verskillende name aan die Milwaukee-rivier en sy omgewing gegee, soos ''Melleorki'', ''Milwacky'', ''Mahn-a-waukie'', ''Milwarck'' en ''Milwaucki''. Baie jare lank het die skryfwyse ''Milwaukie'' oorheers, totdat 'n plaaslike dagblad die spelling in die 1830's verander het na ''Milwaukee''. Hierdie skryfwyse het uiteindelik ingeburger geraak.
 
== Geografie en klimaat ==
Milwaukee lê aan die wesoewer van die Michiganmeer en by die samevloeiïng van drie riviere: die Menomonee-, die Kinnickinnic- en die Milwaukee-rivier. Ook 'n aantal klein riviere soos die Rootrivier en Lincolnspruit vloei deur die stad. Milwaukee is soos die meeste Amerikaanse stede grotendeels volgens 'n roosterpatroon aangelê; strate wat in noordelike en suidelike rigting loop is oorwegend genommer, terwyl oos-westelike strate name het.
 
Die stad het vanweë sy ligging 'n uitgesproke kontinentale en vogtige klimaat met vier seisoene, wat deur groot temperatuurverskille gekenmerk word. Weerstoestande in die gebied verander daarnaas vinnig. Milwaukee se gemiddelde jaarlikse temperatuur is die tweede laagste van die VSA se vyftig grootste stede ná [[Minneapolis]].
 
Julie is die warmste maand van die jaar met 'n gemiddelde maksimale temperatuur van 28&nbsp;°C (82&nbsp;°F) bedags en 19&nbsp;°C (66&nbsp;°F) snags. Die koudste maand is Januarie, met maksimale gemiddeldes van -3&nbsp;°C (27&nbsp;°F) bedags en -11&nbsp;°C (13&nbsp;°F) snags.
 
Die natste maand is Augustus, wanneer ook die meeste donderstorms voorkom. Hulle raak soms gevaarlik indien hulle gepaard gaan met verwoestende hael en sterk winde. Voorstede, wat in die binneland geleë is, word af en toe ook deur [[tornado]]'s getref. Sneeuvalle[[Sneeu]]valle kom gewoonlik tussen November en Maart voor, met 'n jaarlikse gemiddeld van 119 sentimeter. Sneeuval wissel egter heelwat en in 2000 is 126 sentimeter net in Desember aangeteken.
 
As gevolg van die stad se ligging naby die Michiganmeer ervaar Milwaukee die sogenaamde "meer-effek" - teen die middel van die namiddag vorm daar dikwels 'n konveksie-lugstroming oor die gebiede langs die meer, wat gevolglik tot laer temperature in die somer en hoër temperature in die winter lei. Die meer-effek lei ook daartoe dat Milwaukee hoër sneeuvalle kry as sy omgewing en deur 'n vogtiger klimaat gekenmerk word – aangevoelde temperature in die somer is gevolglik hoër.
 
{{Tabel weergemiddeldes
As gevolg van die stad se ligging naby die Michiganmeer ervaar Milwaukee die sogenaamde "meer-effek" - teen die middel van die namiddag vorm daar dikwels 'n konveksie-lugstroming oor die gebiede langs die meer, wat gevolglik tot laer temperature in die somer en hoër temperature in die winter lei. Die meer-effek lei ook daartoe dat Milwaukee hoër sneeuvalle kry as sy omgewing en deur 'n vogtiger klimaat gekenmerk word – aangevoelde temperature in die somer is gevolglik hoër.
|locatie=Milwaukee
|jan_gem_max=−1.7
|feb_gem_max=0.3
|mrt_gem_max=5.8
|apr_gem_max=12.1
|mei_gem_max=18.3
|jun_gem_max=24.1
|jul_gem_max=26.7
|aug_gem_max=25.8
|sep_gem_max=21.8
|okt_gem_max=15.2
|nov_gem_max=7.8
|dec_gem_max=0.4
|jaar_gem_max=13.1
|jan_gem_min=−9.1
|feb_gem_min=−7.1
|mrt_gem_min=−2.4
|apr_gem_min=2.9
|mei_gem_min=8.1
|jun_gem_min=13.9
|jul_gem_min=17.5
|aug_gem_min=17.2
|sep_gem_min=12.7
|okt_gem_min=6.2
|nov_gem_min=0.0
|dec_gem_min=−6.6
|jaar_gem_min=4.4
|jan_gem_ns=44.7
|feb_gem_ns=41.9
|mrt_gem_ns=57.7
|apr_gem_ns=90.4
|mei_gem_ns=86.4
|jun_gem_ns=99.1
|jul_gem_ns=93.2
|aug_gem_ns=100.8
|sep_gem_ns=80.8
|okt_gem_ns=67.3
|nov_gem_ns=68.8
|dec_gem_ns=51.8
|jaar_gem_ns=882.9
|rdjan=11.4
|rdfeb=9.7
|rdmrt=11.4
|rdapr=12.1
|rdmei=11.4
|rdjun=10.4
|rdjul=9.8
|rdaug=9.5
|rdsep=8.8
|rdokt=10.0
|rdnov=11.3
|rddec=10.9
|bron = World Weather Information Service<ref>{{en}} {{cite web | url = http://worldweather.wmo.int/en/city.html?cityId=791 | title = Milwaukee, Wisconsin | publisher = World Weather Information Service | accessdate = 17 September 2017}}</ref>}}
 
== Geskiedenis ==
=== Die tydperk voor 1800 ===
Die gebied van Milwaukee is oorspronklik deur 'n aantal Indiaanse stamme bewoon, waaronder die Fox, Mascouten, Potawatomi en Ho-Chunk (Winnebago) wat hulle vanaf 400 n.C. hier gevestig het. [[Franse]] sendelinge en pelshandelaars was die eerste blankes wat die gebied in die laat 1600's en 1700's verken het. Vanaf 1671 tot 1760 het die streek deel uitgemaak van Frankryk se uitgestrekte belangegebied in [[Noord-Amerika]].
 
Die Franse ontdekker Louis Joliet en Vader Jacques Marquette het met hul ekspedisie in 1674 'n roete verken wat die [[Mississippirivier]] met die Michiganmeer verbind het en daarna sowat honderd jaar deur pelshandelaars gebruik is. Die pelshandel was baie dekades lank 'n winsgewende bedryf, maar vanaf die laat 18de eeu het bewers skaars geword. Ná die val van [[Montreal]] het [[Groot-Brittanje]] in 1760 aanspraak gemaak op die gebied.
 
Die eerste blanke pelshandelaar wat hom saam met sy gesin in Milwaukee gevestig het, was die Franko-Kanadees Jacques Vieau uit La Baye (tans Green Bay) wat in 1795 'n seisoenale pelshandelspos naby die Menomoneerivier gestig en tot die 1830's handel met plaaslike [[Indiane]] gedryf het. Sy handelspos was op die handelspad geleë wat Chicago met Green Bay verbind het, en lê in die huidige Mitchell Park. Vieau het met die kleindogter van 'n Indiaanse hoof getrou. Alhoewel die Vieau-gesin nie die hele jaar deur in die gebied gebly het nie, word hulle nogtans dikwels as die eerste bewoners van die latere Milwaukee beskou.<ref>{{en}} [http://www.milwaukeehistory.net/education/milwaukee-timeline/ ''Milwaukee County Historical Society: Milwaukee Timeline. Besoek op 1 Julie 2015'']</ref>
 
=== 1800 tot 1849 ===
=== 1850 tot 1900 ===
[[Lêer:Milwaukeecityhall.jpg|duimnael|Die Raadsaal van Milwaukee]]
Teen die middel van die laat 19de eeu het Wisconsin en die Milwaukee-gebied 'n belangrike bestemming vir talle demokraties gesinde Duitse immigrante geword wat ná die mislukte Duitse rewolusie van die jaar 1848 'n nuwe heenkome oorsee gesoek het. Hulle het hier goedkoop grond en die burgerlike vryhede gevind wat hulle gesoek het. Duitse intellektueles het selfs die stigting van 'n vrye Duitse republiek in die gebied oorweeg, maar uiteindelik die opgradering van Milwaukee se sosiale en kulturele lewe bevorder en 'n aantal teaters en musiekgeselskappe is gestig. Die groot golf Duitse immigrante het 'n blywende invloed op Milwaukee en die deelstaat Wisconsin se ekonomie, politiek en kultuur gehad. Die bevolking het in die tydperk tussen 1850 en 1851 meer as verdubbel tot 46&nbsp;000 mense. Tydens die [[Amerikaanse Burgeroorlog]] het die stad se nywerhede sterk uitgebrei.
 
Maar ook in Milwaukee het sosiale onrus ontvlam. Die stad se eerste vakbond, die ''Knights of Saint Crispin'', is reeds in 1867 in die skoenbedryf gestig. Met die uitbreiding van nywerhede het ook werkers begin om hulle in 'n groeiende aantal vakbonde saam te sluit. Op 5 Mei 1886 het stakende staalwerkers na 'n fabriek in die voorstad Bay View gemarsjeer. Hulle is deur 'n groep lede van die Nasionale Garde voorgekeer, wat volgens 'n bevel van Wisconsin se goewerneur vuur geopen en sewe van die werkers gedood het. Die tragiese gebeurtenis staan as die Bay View-slagting (''Bay View Massacre'') bekend.
Die sosialiste van Milwaukee is dikwels "Riool-Sosialiste" genoem weens hulle praktiese benadering tot regeringsake en die belange van werkers. Hierdie praktyke het die skoonmaak van woonkwartiere en fabrieke deur middel van nuwe rioleringstelsels, water- en kragboorsiening, wat deur die stad beheer is, en 'n verbeterde onderwysstelsel beklemtoon. Alhoewel hulle hul invloed in die laat 1950's onder die invloed van die "rooi gevaar"-histerie geleidelik verloor het, bewaar die burgers van Milwaukee hul sosialistiese erfenis nog steeds. Hulle staan bekend vir hulle groot simpatie teenoor die vakbondbeweging en hulle wantroue teenoor groot besighede.
 
In hierdie periode het ook 'n klein, maar groeiende gemeenskap van [[Afro-Amerikaners|swart Amerikaners]] ontstaan wat vanuit die suide na Milwaukee verhuis het – hulle woongebied het as ''Bronzeville'' bekend gestaan. Vanweë sy jazzklubs[[jazz]]klubs en dansplekke wat plaaslike en nasionaal bekende musikante soos [[B.B. King]] en [[Ella Fitzgerald]] gelok het, is die gebied mettertyd die "Harlem van die Midweste" genoem. Ná die [[Tweede Wêreldoorlog]] is 'n snelweg gebou wat die gebied deursny het. Bronzeville het 'n minder belangrike rol begin speel en die hart van Milwaukee se swart gemeenskap het na die noorde verskuif. Maar in die 21ste eeu het Bronzeville weer begin herleef danksy die opening van nuwe besighede, restaurante, woonstelblokke, koffiekroeë en nagklubs wat almal probeer om die vroeëre vernaamheid van die distrik te herskep.
 
=== 1960 tot vandag ===
[[Lêer:Milwaukees Gold Coast.jpg|duimnael|links|Toringblokke in Prospect Avenue]]
[[Lêer:Hoan Bridge.jpg|duimnael|Hoanbrug, opgerig tussen 1970 en 1972]]
Milwaukee het net soos ander nywerheidstede in die noorde van die VSA tot by die 1950's vinnig gegroei. Groot getalle immigrante uit [[Ierland]], Duitsland, [[Hongarye]], [[Pole]] en ander Middel[[Sentraal-Europa|Sentraal-Europese]] lande het die stad binnegestroom. Ook die noordwaartse migrasie van Swart Amerikaners uit die suidelike deelstate na Milwaukee was kenmerkend. Die stad het een van die vyftien grootstes in die VSA geword, en teen die middel van die sestigerjare het sy inwonerstal byna 750&nbsp;000 bereik. Desondanks was die 1960 's ook 'n periode van proteste, betogings en rasseonluste.
 
Bevolkingsyfers het eers met die agteruitgang van tradisionele nywerhede in die laat sestigerjare begin krimp, net soos in ander groot stede van die Groot Mere se ''rust belt'' ("roesgordel"). Groot getalle blanke inwoners het die stad verlaat. Ook die diepe resessie tussen 1979 en 1982 het op 'n sterk afname in die stad se ekonomiese bedrywighede uitgeloop, wat meer as 60&nbsp;000 werksgeleenthede gekos het, veral in die nywerheidsektor. Eers in die laat 20ste eeu het Milwaukee daarin geslaag om sy ekonomie, woonkwartiere en aansien te opgradeer en nuwe besighede het hulle in die sakekern van Milwaukee gevestig. Milwaukee het ook steeds sy historiese erfenis bewaar en word as 'n belangrike bestemming vir toeriste beskou wat in die argitektuur en kultuurgeskiedenis belang stel.
Daarnaas het ook ''Midwest Airlines'', ''Koss Corporation'' en ''Master Lock'' hulle hoofkwartiere in Milwaukee. Die stad is eweneens 'n belangrike finansiële sentrum en huisves 'n aantal groot uitgewerye en drukkerye, insluitende ''Quad/Graphics''.
 
Die nywerheidsektor verteenwoordig 22 persent van Milwaukee se mannekrag – dit is die tweede grootste persentasie in die VSA na die Kaliforniese stad [[San Jose, Kalifornië|San Jose]] en duidelik hoër as die nasionale gemiddelde van 16,5 persent. Bestuurdersposte en werkgeleenthede in die dienstesektor toon die vinnigste groei. Die mediese bedryf beslaan 27 persent van alle werkgeleenthede in die dienstesektor.
 
=== Brouerybedryf ===
Milwaukee het vroeër met die wêreld se vier grootste brouerye gespog (''Schlitz'', ''Blatz'', ''Pabst'' en ''Miller'') en was ook die grootste bierprodusent[[bier]]produsent ter wêreld. Die stad het hierdie posisie intussen kwytgeraak en net een van die vier brouerye het oorgebly – Miller Brewing Company, wat tans nog 1&nbsp;700 werkers in diens het en die tweede grootste brouery in die land is.
 
=== Tegnologie ===
<div style="-moz-column-count: 3">
* {{vlagikoon|Venezuela}} [[Carora]], [[Venezuela]].<ref name="Susterstede">{{en}} {{cite web | url=http://sistercities.org/interactive-map/Milwaukee,%20Wisconsin | publisher=Sister Cities International | title=Milwaukee, Wisconsin | accessdate=21 Junie 2015}}</ref>
* {{vlagikoon|Republiek van Ierland}} [[Galway]], [[Republiek van Ierland]].<ref name="Susterstede" />
* {{vlagikoon|Tanzanië}} [[Morogoro]], [[Tanzanië]].<ref name="Susterstede" />
* {{vlagikoon|Suid-Afrika}} [[UMhlathuze Plaaslike Munisipaliteit|uMhlathuze]], [[Suid-Afrika]].<ref name="Susterstede" />
* {{vlagikoon|Japan}} [[Maebashi, Gunma|Maebashi]], [[Japan]].<ref name="Susterstede" />
* {{vlagikoon|Kroasië}} [[Zadar]], [[Kroasië]].<ref name="Susterstede" />
</div>
 
=== Vriendskapstede ===
* {{vlagikoon|Volksrepubliek van SjinaChina}} [[Ningbo]], [[Volksrepubliek van SjinaChina]].<ref name="Susterstede" />
 
== Verwysings ==
 
=== Geskiedenis ===
* {{en}} Alderman, Ralph M.: ''From Trading Post to Metropolis: Milwaukee County's First 150 Years''. Milwaukee: Milwaukee County Historical Society 1987
* {{en}} Gurda, John: ''The Making of Milwaukee''. Milwaukee: Milwaukee County Historical Society 1999
* {{en}} Still, Bayrd: ''Milwaukee: The History of a City''. Madison: State Historical Society of Wisconsin 1948
 
== Eksterne skakels ==
{{CommonsKategorie-inlyn|Milwaukee, Wisconsin}}
* {{en}} {{Wikivoyage}}
* {{en}} [http://city.milwaukee.gov/ Amptelike webwerf]