Sonnebaan: Verskil tussen weergawes

25 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
(Skakel en verbeter)
kNo edit summary
[[Lêer:Plane of Ecliptic.jpg|thumb|260px|Die vlak van die sonnebaan kan mooi gesien word in hierdie foto in [[1994]] deur die [[Clementine sending|Clementine]] [[ruimtetuig]]. Clementine se kamera wys hier (van regs na links) die [[Maan]] verlig deur die aarde se weerkaatsing, die [[Son]] se gloed wat oor die donker deel van die maan opkom en die planete [[Saturnus]], [[Mars]] en [[Mercurius]] (die drie kolle na links onder).]]
 
Die '''sonnebaan''' (ook die Ekliptika'''ekliptika''' genoem) omskryf die [[vlak]] wat die [[wentelbaan]] van die [[Aarde]] bevat. Die wentelbaan van die meeste [[planeet|planete]] in die [[sonnestelsel]] lê baie na aan die vlak. Van die Aarde gesien is dit 'n reusesirkel (om die waarnemer) wat deur die [[hemelsfeer]] loop en die verskillende punte van die son se pad daarop bevat relatief tot die [[ster]]re in die agtergrond oor die verloop van 'n jaar. Die [[diereriem]] lê ook op die sonnebaan. Die sonnebaan maak 'n hoek van ~23.5° met die [[hemelewenaar]] vanweë die helling van die aarde se as met betrekking tot sy wentelbaan. Die wentelbaan van die [[Maan]] maak 'n helling van ~5° met betrekking tot die sonnebaan.
 
Omdat daar ~365.25 [[dag|dae]] in 'n [[jaar]] is en daar 360 [[graad (hoek)|grade]] in 'n [[sirkel]] is, lyk dit asof die son met ongeveer 'n graad per dag langs die sonnebaan beweeg. Hierdie beweging is van wes na oos wat teenoorgesteld is van die skynbare oos-wes beweging van [[hemelsfeer]].
10 758

wysigings