Verskil tussen weergawes van "Pablo Picasso"

k
geen wysigingsopsomming nie
k (Vervang File: met Lêer:)
k
'''Pablo Ruiz Picasso''' ([[25 Oktober]] [[1881]] - [[8 April]] [[1973]]) was een van die meesters van [[20ste eeu]]se [[kuns]].
 
Pablo Picasso word wyd beskou as een van die mees invloedryke kunstenaars van die twintigste eeu. Sy bekende skildery "Les Demoiselles d' Avignon" ([[1907]]), was 'n baanbrekerafwyking van die opvatting dat verf 'n letterlike interpretasie van die realiteit moes wees. Die skildery het die verdraaiing van konvensionele perspektiewe gekombineer met die eenvoudige, beeldende vorms van [[Afrika]] beelhouwerkbeeldhouwerk.
 
Saam met sy assosiate, George Braque en Juan Gris, het Picasso 'n nuwe kunsbeweging, [[Kubisme]], ontwikkel. Kubiste het gepoog om verhoogde betekenis te verkry deur die gebruik van geometriese en hoekige vorms en lyne en die gelyktydige verbeelding van verskeie fasette van dieselfde voorwerp. Die styl was gekenmerk deur die wedersydse deurdringing van vlakke van vorms, kleur en skakering.