Verskil tussen weergawes van "Bangor"

1 231 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
Uitgebrei
k (Hersien)
k (Uitgebrei)
Etiket: 2017-bronwysiging
|bevolkingnotas=
|bevolking_totaal=60260
|bevolkingsdigtheid_km2=9
|bevolkingsdigtheid_myl2=
|bevolking_metro=
|webwerf=[http://www.northdown.gov.uk ''northdown.gov.uk'']
}}
'''Bangor''' (afgelei van Iers ''Beannchor'') is 'n groot dorp in die [[graafskap]] Down, [[Noord-Ierland]], sowat 22 km oos van [[Belfast]] se middestad. Volgens sy bevolkingstal is Bangor die vyfde grootste nedersetting in Noord-Ierland na Belfast, [[Derry]], [[Lisburn]] en [[Newtownabbey]]. Alhoewel die dorp 'n belangrike ekonomiese en administratiewe sentrum in eie reg vorm (die distrikstraad van Ards and North Down vergader in Bangor-kasteel), maak dit deel uit van Belfast se metropolitaanse gebied en dien as residensiële nedersetting vir pendelaars wat in die Noord-Ierse hoofstad werk.
 
Danksy sy ligging aan die see en sy groot bootshawe ''Bangor Marina'' - een van die grootstes in [[Ierland]] - het Bangor tot 'n gewilde toeristebestemming ontwikkel. Die plaaslike strand het [[Blouvlagstrand|blouvlagstatus]].
 
== Geskiedenis ==
Bangor het 'n wisselvallige geskiedenis. Sy naam is volgens sommige deskundiges afgelei van die [[Iers-Gaelies]]e ''Beannchor'' wat as "gehoringde baai" vertaal kan word.<ref>Ards and North Down Borough Council: ''Bangor Town Walk and Cultural Trail''. Bangor 2016, bl. 2</ref>
 
Eerste nedersettings in die gebied is in die [[Jongsteentydperk]] gevestig. Die geskiedenis van Bangor begin egter met die stigting van 'n [[klooster]] deur Sint Comgall in 558 wat tot 'n sentrum van geleerdheid gegroei het.
 
Bangor is sindsdien verskeie kere deur [[Wikings]] geplunder. Later het [[Skotland|Skotse]] setlaars, die sogenaamde ''Planters'', hulle hier gevestig. Bangor het in die moderne tyd tot 'n gewilde Noord-Ierse strandoord ontwikkel. Gedurende die [[Tweede Wêreldoorlog]] het die [[Verenigde State|Amerikaanse]] generaal [[Dwight D. Eisenhower]] hier geallieerde skepe, wat aan die landing in [[Normandië]] op D-Dag sou deelneem, geïnspekteer. Bangor se North Pier is ter herdenking van generaal Eisenhower se verbintenis met Bangor deur sy kleindogter Mary-Jean Eisenhower hernoem as Eisenhower Pier.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
[[Kategorie:Nedersettings in Noord-Ierland]]