Verskil tussen weergawes van "Henri Bergson"

259 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Nobelprys vir Letterkunde
k
(Nobelprys vir Letterkunde)
}}
 
'''Henri-Louis Bergson''' ([[Parys]], [[18 Oktober]] [[1859]] – Parys, [[4 Januarie]] [[1941]]) was 'n invloedryke Franse [[filosoof]] , veral gedurende die eerste helfte van die [[20ste eeu]]. Bergson oortuig baie denkers dat die prosesse van onmiddelike ervaring en intuïsie belangriker is as die abstrakte rasionaliteit en [[wetenskap]] om [[realiteit]] te verstaan. Bergson was ook die wenner van die [[Nobelprys vir Letterkunde]] in [[1927]].<ref>{{en}} {{cite web | title = The Nobel Prize in Literature 1927 | publisher = Nobelprize.org | url = https://www.nobelprize.org/nobel_prizes/literature/laureates/1927/index.html|accessdate=7 Oktober 2017}}</ref>
 
== Lewe en invloed ==
[[Lêer:Henri Bergson 1878.jpg|duimnael|links|upright|Henri Bergson in 1878]]
Henri Bergson word in Parys, [[Frankryk]] gebore in 1859, dieselfde jaar wat [[Charles Darwin]] sy ''The Origin of Species'' publiseer. Die [[evolusie]]teorie sou later belangrik word vir die filosofie van Bergson. Op die ''École normale supérieure'' is Bergson en [[Émile Durkheim]] in dieselfde klas. Bergson se werk was in die begin van die 20ste eeu baie populêr en sy filosofie invloedryk. In [[1914]] word hy dan ook verkies as lid van die ''Académie française''. Sy debat met [[Albert Einstein]] oor die interpretasie van die [[relatiwiteitsteorie]] in [[1922]] merk die val van Bergson en die opkoms van Einstein se roem. Bergson kry vir sy werk in 1927 die Nobelprys vir Letterkunde. Hy sterf op 81-jarige leeftyd in 1941.
 
 
Hierdie werk, bestaan uit vier hoofstukke. In die eerste hoofstuk skets Bergson die buitelyne van sy denke oor die [[evolusie]]. Hy verwys na die begrip duur (''la durée''), en skets die twee in sy tyd dominante beskouings ten aansien van die evolusie van die lewe: die meganisme en die finalisme. Teen die agtergrond van die twee denkwyses ontvou Bergson sy eie visie. Hy benadruk die kenmerk van die lewe: dat die lewe reële tydsduur ervaar (''la durée'') en homself herskep. Die lewe gaan daarmee teen die stroom van die anorganiese [[materie]] in, wat as kenmerk verval het. In die tweede hoofstuk fokus Bergson op die evolusie. Hy beskryf die evolusie van die lewe en kom vanuit die evolusionêre perspektief tot 'n aantal gevolgtrekkings omtrent die verskillende kenmerke wat die lewe ons toon, naamlik die onbewustheid, die verstand en die instink. In die derde hoofdstuk gaan Bergson dieper in op 'n aantal van die elemente wat hy reeds in die vroeëre hoofstukke genoem het. Hy behandel vrae oor die kennis van die lewe, die wysgerigemetode, die verbinding tussen materie en verstand en die tussen skepping en evolusie. In die vierde en laatste hoofstuk bestee Bergson aandag aan die meganistiese aard van die verstandelike denke. Hy gaan daarby in op 'n aantal filosofiese temas. Hy voorsien 'n oorsig van die wysbegeerte en die wetenskap. Met steeds die denke oor die evolusie in die visier probeer hy 'n gefundeerde kritiek te formuleer oor die wysgerige en wetenskapplike stelsels.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
== Eksterne skakels ==