Verskil tussen weergawes van "Iers-Gaelies"

4 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Iers is die oudste [[taal]] van die Goideliese groep en bestaan reeds in die vroeë [[Middeleeue]] as 'n literêre taal, terwyl Skots en Manx voor die sewentiende eeu nie as selfstandige skryftale beskou word nie.
 
Iers is vandag danksy sy historiese rol as nasionale taal die eerste [[amptelike taal|ampstaal]] (''an phríomhtheanga oifigiúil'') van die [[Republiek van Ierland]], en sowat 1,6 miljoen van die 4,1 miljoen burgers kan tans Iers praat. Daar is ook enkele duisend Ierssprekers in [[Noord-Ierland]], die [[Verenigde State]], [[Kanada]] en [[Australië]]. Volgens 'n besluit, wat deur die Europese Ministers van Buitelandse Sake op 13 Junie 2005 geneem is, het Iers op 1 Januarie 2007 ook een van die amptelike tale van die [[Europese Unie]] geword.
 
Behalwe vir klein gebiede in die weste van die Ierse eiland (die sogenaamde ''[[Gaeltacht]]aí'') - veral in Waterford, Wes-Kerry, Wes-Cork, Connemara, Mayo en Donegal (Ulster, Noord-Ierland) - word Iers nie meer as moedertaal gepraat nie en is grootliks deur Engels verdring. Iers is die daaglikse omgangstaal vir sowat 120 000 mense. 'n Bykomende 165 000 sprekers in Noord-Ierland en 25 000 in die Verenigde State besig Iers óf as hulle huistaal óf het 'n behoorlike kennis daarvan.