Verskil tussen weergawes van "Iers-Gaelies"

89 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
 
Tussen 600 en 900 is in Ierland die Oud-Ierse vorm van die taal gepraat, wat in 'n hoë mate as eenheidstaal dwarsoor die eiland gestandaardiseer is en deur 'n hoogs ontwikkelde fleksie gekenmerk word. Ierse en Skotse monnike, wat as sendelinge vir 'n tyd lank op die Europese vasteland gebly het, het 'n aantal Latynse leenwoorde saamgebring.
 
[[Lêer:Geill sli.jpg|duimnael|links|250px|'n Padteken in die Ierse graafskap Waterford]]
Die Wiking-aanvalle vanaf die einde van die 8ste eeu en die stigting van Skandinawiese nedersettings in die kusgebiede (soos Dublin) het die oorgang na die Middelierse taal (900 tot 1200) begin inlui. Met die maatskaplike en politieke omwentelings het die taal sy eenvormigheid kwytgeraak. 'n Aantal afwykende spellings en grammatikale veranderings soos die verlies van die neutrum (onsydige geslag) en die vereenvoudiging van die fleksie word aan die onluste van die tyd toegeskryf.