Verskil tussen weergawes van "Transhumanisme"

2 059 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Baie transhumaniste verafsku sosiale status en is voorstanders van '‘n libertariese gemeenskap. Hulle propageer gereeld selfs 'n [[Anargisme |anargistiese]] wêreld, dus sonder enige vorm van owerheid. Ook die huidige toenemende "demokratisering" en "verwestering" van die wêreld, waarby outoritêre regimes, samelewingsvorme en kulture steeds meer mag verloor, is volgens hulle 'n aanwysing dat die wêreld in die rigting van indivdualisme beweeg. Sommiges stel dat konserwatiewe en fundamentalistiese elemente tog nog baie skade kan aanrig (sien byvoorbeeld die Moslem fundamentalisme) wat wellig selfs die hele westerse gemeenskap kan ontwrig. Maar volgens transhumaniste is dit die laatste wanhoopsuitvalle van ekstremiste wat vir 'n uiteindelik verlore saak stry: die oorgrote meerderheid van die mensheid beweeg hulself, weliswaar soms baie stadig, maar onafwendbaar rigting na meer individualisme, [[demokrasie]], gelykheid en anti-outoritarisme.
 
'n Toenemende aantal transhumaniste sien transhumanisme as 'n logiese gevolg van die evolusie van die mensheid. Onder hulle is bekende wetenskaplikes soos Barrow, Kurzweil, Moravec en Tipler, wie almal in 'n meerdere of mindere mate gemeen het dat hulle geïnspireer word deur die werk van die in [[1955]] oorlede Franse priester en paleontoloog Pierre Teilhard de Chardin. Hierdie vorm van transhumanisme kombineer wetenskaplike studie van die evolusie en 'n oop houding teenoor tegnologiese vooruitgang met 'n sterk geloof in 'n verhewe toekoms van die mensheid. Hierdie stroming omvat sowel [[Ateïsme | ateïste]] as godsdienstig ingestelde mense. Die nadruk word gelê op 'n toenemende psigiese verbondenheid van alle mense, wat gesteun word deur gevorderde kommunikasiemiddele en 'n verdere rekenariseering van die gemeenskap. Hierdie ontwikkeling sal nie ten koste wees van humanistiese verworenhede soos empatie, vryheid en selfverwesentliking nie. Immers die kenmerk van die evolusie is dat die werklike nuttige en waardevolle eienskappe behoue bly. In 'n nuwe transhumanistiese samelewing oortref die mens homself. Die bewussyn het by die transhumanistiese mens 'n hoër dimensie bereik, waartydens beperkinge van ruimte en tyd nog maar 'n ondergeskikte rol speel. In 'n toekomstige Omegapunt, bereik die mensheid 'n vorm van uiterste psigiese konsentrasie. Teilhard de Chardin praat in die verband van 'n kollektiewe personalisasie. Die individuele, tydgebonde menslike bewussyn speel dan geen rol van betekenis meer nie, maar het geheel oorgegaan (getransformeerd) na 'n hoër werklikheid.
 
==Sceptici==
Transhumanisme word deur skeptici beskou as die diepgewortelde behoefte van die mens, en ook 'n produk van die wetenskaplik georiënteerde en materialistiese mens, om die paradys op aarde te skep met behulp van supertegnologie waarby die mens bo sy grense uitstyg en homself/haarself tot [[God]] transformeer. Vele skeptici is van mening dat uiteindelik alleen die rykes en die magtige toplaag van die mensheid (byvoorbeel diktators en andere magshebbende politici, toplede van die sakelewe en ryk mediasterre) sal voordeel trek van die tegnologieë om hulself te verbeter en hulle te transformeer. Dié mense sal 'n geslote [[kaste]] word van 'supermense' wie die res van die mensheid vir 'n onbepaalde tyd in hul greep sou kon hou (sien ook die [[tegnologiese singulariteit]]). Met dieselfde tegnologie wat hierdie elite moontlik maak om superintelligent te word kan hulle ook teenstanders opspoor en 'heropvoed' of uitskakel. Die filmmaker Aaron Franz maak in [[2008]] 'n dokumentêre program waarin die moderne transhumanisme omskryf word as 'n voortsetting van die [[eugenetika]] van 1900 tot met die begin van die [[Tweede Wêreldoorlog]]. Die eugenetika, waarvan ook 'pre-transhumaniste' soos Julian Huxley voorstanders was, het hul wortels in die sosiale darwinisme en veronderstelde dat deur die mediese vooruitgang steeds meer 'ongewenste elemente' soos siekes en swak mense, geestelik en liggaamlik gestremdes en 'asosiale' lewendig bly en hulself kan voortplant en daarmee die menslike ras biologies verswak. In die [[VSA]] en [[Swede]] word selfs deur die regering gedurende daardie tye wette aangeneem wat dit moontlik maak om hierdie groepe te steriliseer waarvan uiteindelik ook baie daadwerklik gesteriliseer word. Die [[Nazi]]'s ontleen baie van hul rassistiese ideologie aan die eugenetika en bring dit nog verder in praktyk met die aktiewe stimuleering van die 'verbetering' van die saamelewings elite (soos byvoorbeeld die Lebensborn program) en die vernietiging van 'asosiale' en ongewenste rasse soos [[Jode]] en Slawe.
 
== Verwysings ==
17 890

wysigings