Verskil tussen weergawes van "Transhumanisme"

1 833 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
==Sceptici==
Transhumanisme word deur skeptici beskou as die diepgewortelde behoefte van die mens, en ook 'n produk van die wetenskaplik georiënteerde en materialistiese mens, om die paradys op aarde te skep met behulp van supertegnologie waarby die mens bo sy grense uitstyg en homself/haarself tot [[God]] transformeer. Vele skeptici is van mening dat uiteindelik alleen die rykes en die magtige toplaag van die mensheid (byvoorbeel diktators en andere magshebbende politici, toplede van die sakelewe en ryk mediasterre) sal voordeel trek van die tegnologieë om hulself te verbeter en hulle te transformeer. Dié mense sal 'n geslote [[kaste]] word van 'supermense' wie die res van die mensheid vir 'n onbepaalde tyd in hul greep sou kon hou (sien ook die [[tegnologiese singulariteit]]). Met dieselfde tegnologie wat hierdie elite moontlik maak om superintelligent te word kan hulle ook teenstanders opspoor en 'heropvoed' of uitskakel. Die filmmaker Aaron Franz maak in [[2008]] 'n dokumentêre program waarin die moderne transhumanisme omskryf word as 'n voortsetting van die [[eugenetika]] van 1900 tot met die begin van die [[Tweede Wêreldoorlog]]. Die eugenetika, waarvan ook 'pre-transhumaniste' soos Julian Huxley voorstanders was, het hul wortels in die sosiale darwinisme en veronderstelde dat deur die mediese vooruitgang steeds meer 'ongewenste elemente' soos siekes en swak mense, geestelik en liggaamlik gestremdes en 'asosiales' lewendig bly en hulself kan voortplant en daarmee die menslike ras biologies verswak. In die [[VSA]] en [[Swede]] word selfs deur die regering gedurende daardie tye wette aangeneem wat dit moontlik maak om hierdie groepe te steriliseer waarvan uiteindelik ook baie daadwerklik gesteriliseer word. Die [[Nazi]]'s ontleen baie van hul rassistiese ideologie aan die eugenetika en bring dit nog verder in praktyk met die aktiewe stimuleering van die 'verbetering' van die samelewing elite (soos byvoorbeeld die ''Lebensborn'' program) en die vernietiging van 'asosiale' en 'ongewenste rasse' soos [[Jode]] en [[Slawiërs]].
 
==Transhumanistiese strominge==
 
• Anargistiese-transhumanisme: 'n [[politiek]]e filosofie bestaande uit 'n sintese van die post-skaarsheid [[anargisme]] en transhumanisme.
 
• Christelike transhumanisme: 'n religieuse filosofie bestaande uit 'n sintese van die liberale Christendom en transhumanisme.
 
• Demokratiese transhumanisme: 'n politieke filosofie wat die liberale demokrasie, sosiale demokrasie, radikale demokrasie en transhumanisme verenig.
 
• Ekstropianisme: 'n vroeë skool van transhumanisme gekaraktiseer deur 'n aantal beginsels rondom ekstropie (wat gedefinieer word as 'n voortdurende veranderende raamwerk van waardes en standaarde vir die voordurende verbetering van die menslike toestand)
 
• Hedonistiese imperatief: 'n morele filosofie gebaseer op die noodsaak om tegnologie te gebruik om alle lyding te vermy in alle lewens.
 
• Posthumanisme: 'n filosofie wat probeer om die beginsels van die humanistiese [[renaissance]] te oortref om beter ooreen te stem met die [[wetenskap]] van die 21ste eeu.
 
• Singularitarianisme: 'n Morele filosofie gebaseer op die geloof dat 'n tegnologiese singulariteit moontlik is en die oproep tot gerigte aksie om die singulariteit moontlik te maak.
 
• Tegnogaianisme: 'n morele filosofie gebaseer op die geloof dat gevorderde tegnologie kan help om die [[ekologie | natuurlike omgewing]] te herstel en dat die ontwikkeling van dergelike tegnologie daarom op die groen agenda sou moet staan.
 
• Transhumanistiese sosialisme: 'n politieke filosofie wat 'n sintese wil vorm tussen demokratiese [[sosialisme]] en transhumanisme
 
• Evolusionêre transhumanisme: 'n filosofie gefokus op 'n wetenskaplike studie van die evolusie van die mensheid, met 'n oop houding teenoor tegnologiese vooruitgang en met 'n vaste geloof in 'n verhewe toekoms van die mensheid.
 
== Verwysings ==
17 821

wysigings