Verskil tussen weergawes van "Samuel Cunard"

888 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
'''Sir Samuel Cunard, 1ste Baronet''' (* [[21 November]] [[1787]] in [[Halifax, Nova Scotia]]; † [[28 April]] [[1865]] in [[Kensington]], [[Londen]], [[Engeland]]), was 'n [[Kanada|Kanadese]] skeepvaartmagnaat wat bekendheid verwerf het as stigter en naamgewer van die Britse [[redery]] ''[[Cunard Line]]'' - die eerste redery ter wêreld wat gereelde vaarte op die transatlantiese roete aangebied het. Cunard se eerste passasierskip op dié roete, die ''Britannia'', het haar nooiensvaart op 4 Julie 1840 vanuit [[Liverpool]] onderneem.
 
Samuel Cunard is gebore as die seun van 'n baastimmerman en houthandelaar wat gedurende die [[Amerikaanse Rewolusie]] na Brits-Noord-Amerika gevlug en hom in Halifax gevestig het. Samuel het tot die saak van sy vader toegetree, 'n houtonderneming met belange in uiteenlopende bedrywe soos walvisvangs, steenkool, yster en skeepvaart waarmee hy reeds in die 1830's 'n groot fortuin verdien het. Saam met Enos Collins het hy in 1825 die bankonderneming ''Halifax Banking Company ''gevestig.
 
Sy skeepvaartbedrywighede het veral op seilskepe gesteun, alhoewel as aandeelhouer van die houtratboot ''Royal William'' (wat in 1833 geskiedenis geskryf het met sy hoofsaaklik stoomgedrewe transatlantiese vaart) ook ervaring opgedoen het met vroeë stoomboottegnologie. In 1839 het hy vir 'n Britse regeringskontrak getender om 'n gereelde posbootdiens op die Noord-Atlantiese roete tussen Liverpool en Halifax, [[Quebecstad]] en [[Boston]] in te stel - vir 'n jaarlikse bedrag van £55nbsp;000 oor 'n tydperk van tien jaar.
 
Die tender was suksesvol, en nog in dieselfde jaar het Cunard, saam met vennote in [[Glasgow]] en Liverpool, die redery ''British and North American Royal Mail Steam Packet Company'' as historiese voorloper van die ''Cunard Line'' gestig. Cunard se eerste seilskip het reeds in Mei 1840 vertrek, maar eers met die ''Britannia'', wat vir sy vaart na Halifax en Boston 14 dae en agt ure benodig het, het die gereelde posdiens tussen die [[Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland|Verenigde Koninkryk]] en [[Noord-Amerika]] begin.
 
{{DEFAULTSORT:Cunard, Samuel}}