Verskil tussen weergawes van "Samuel Cunard"

103 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Samuel Cunard is gebore as die seun van 'n baastimmerman en houthandelaar wat gedurende die [[Amerikaanse Rewolusie]] na Brits-Noord-Amerika gevlug en hom in Halifax gevestig het. Samuel het tot die saak van sy vader toegetree, 'n houtonderneming met belange in uiteenlopende bedrywe soos walvisvangs, steenkool, yster en skeepvaart waarmee hy reeds in die 1830's 'n groot fortuin verdien het. Saam met Enos Collins het hy in 1825 die bankonderneming ''Halifax Banking Company'' gevestig.<ref>[http://www.thecanadianencyclopedia.ca/en/article/sir-samuel-cunard/ ''The Canadian Encyclopedia: Sir Samuel Cunard. Besoek op 24 Oktober 2017'']</ref>
 
Sy skeepvaartbedrywighede het veral op seilskepe gesteun, alhoewel as aandeelhouer van die houtratboot ''Royal William'' (wat in 1833 geskiedenis geskryf het met sy hoofsaaklik stoomgedrewe transatlantiese vaart) ook ervaring opgedoen het met vroeë stoomboottegnologie. In 1839 het hy vir 'n Britse regeringskontrak getender om 'n gereelde posbootdiens op die Noord-Atlantiese roete tussen Liverpool en Halifax, [[Quebecstad]] en [[Boston]] in te stel - vir 'n jaarlikse bedrag van £55nbsp55&nbsp;000 oor 'n tydperk van tien jaar.
[[Lêer:RMS Britannia 1840 paddlewheel.jpg|duimnael|links|RMS Britannia in 1840. Die skip is in Greenock, gebou]]
 
Die tender was suksesvol, en nog in dieselfde jaar het Cunard, saam met vennote in [[Glasgow]] en Liverpool, die redery ''British and North American Royal Mail Steam Packet Company'' as historiese voorloper van die ''Cunard Line'' gestig. Cunard se eerste seilskip het reeds in Mei 1840 vertrek, maar eers met die ''Britannia'', wat vir haar vaart na Halifax en Boston 14 dae en agt ure benodig het, het die gereelde posdiens tussen die [[Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland|Verenigde Koninkryk]] en [[Noord-Amerika]] begin.
 
{{Verwysings}}
 
{{DEFAULTSORTRT:Cunard, Samuel}}
 
[[Kategorie:Kanadese entrepreneurs]]