Lughawe Londen-Heathrow: Verskil tussen weergawes

+ Koördinate & Eksterne skakels
(+ Koördinate & Eksterne skakels)
| ICAO = EGLL
| latd =51 | latm =28 | lats =39 | latNS =N
| longd=00000 | longm=27 | longs=41 | longEW=W
| coordinates = {{Koördinate|51|28|39|N|0|27|41|W|region:GB_type:landmark|aansig=inlyn,titel}}
| coordinates_region = GB-HIL
| pushpin_map = Groter Londen
| footnotes = Bronne: VK lugvaartpublikasie by NATS en Eurocontrol<br />Statistiek van die VK Burgerlugvaartowerheid.
}}
 
Die '''Lughawe Londen-Heathrow''' of kortweg net '''Heathrow''' ([[IATA-kode]]: '''LHR''', [[ICAO]]: '''EGLL''') is 'n reuse internasionale [[lughawe]] wat [[Londen]], die [[Verenigde Koninkryk|Britse hoofstad]] bedien. Die lughawe, wat tussen 1946 en 1965 as ''London Airport'' bekend gestaan het, is in die Wes-Londense "Borough of Hillingdon", sowat 32 km of 20 myl wes van Sentraal-Londen, geleë en word as een van die modernstes ter wêreld beskou.<ref>[http://www.visitlondon.com/traveller-information/travel-to-london/airport/heathrow ''www.visitlondon.com: London Heathrow Airport'']</ref>
 
Heathrow is die besigste lughawe in die Verenigde Koninkryk en [[Europa]], en dit was in 2012 ook op twee na die besigste ter wêreld volgens die getal passasiers wat bedien is. Met 69,9 miljoen het dit meer passasiers hanteer as die [[Lughawe Parys-Charles de Gaulle]] (61,6 miljoen) en [[Lughawe Frankfurt]] in [[Frankfurt am Main]] met 57,5 miljoen.<ref>[http://www.spiegel.de/reise/aktuell/airport-ranking-london-heathrow-hat-die-meisten-passagiere-in-europa-a-878088.html ''Der Spiegel Online, 17 Januarie 2013: Airport-Ranking: London-Heathrow hat die meisten Passagiere in Europa. Besoek op 26 Januarie 2014'' ]</ref> Volgens die getal vliegtuie, wat in 2012 gehanteer is, is Heathrow die derde besigste lughawe in Europa ná Charles de Gaulle en Frankfurt am Main. Daagliks kom 190&nbsp;000 passasiers in Heathrow aan of vertrek van hier. Heathrow hanteer meer internasionale passasiers as enige ander lughawe.<ref>[http://www.visitlondon.com/traveller-information/travel-to-london/airport/heathrow?ref=mosaic ''www.visitlondon.com: London Heathrow Airport. Besoek op 6 Desember 2015'']</ref>
[[Lêer:Bus.stop.arp.750pix.jpg|duimnael|links|'n Ongewone uitsig by 'n bushalte:<br /> [[Suid-Afrikaanse Lugdiens]] se Boeing 747-444-makrostraler ''Bloemfontein'' op Heathrow-lughawe]]
[[Lêer:Die wagsaal van Heathrow-lughawe se Terminaal 2-gebou.jpeg|duimnael|links|Die wagsaal van Heathrow-lughawe se Terminaal 2-gebou]]
Heathrow is die besigste lughawe in die Verenigde Koninkryk en [[Europa]], en dit was in 2012 ook op twee na die besigste ter wêreld volgens die getal passasiers wat bedien is. Met 69,9 miljoen het dit meer passasiers hanteer as die [[Lughawe Parys-Charles de Gaulle]] (61,6 miljoen) en [[Lughawe Frankfurt]] in [[Frankfurt am Main]] met 57,5 miljoen.<ref>[http://www.spiegel.de/reise/aktuell/airport-ranking-london-heathrow-hat-die-meisten-passagiere-in-europa-a-878088.html ''Der Spiegel Online, 17 Januarie 2013: Airport-Ranking: London-Heathrow hat die meisten Passagiere in Europa. Besoek op 26 Januarie 2014'' ]</ref> Volgens die getal vliegtuie, wat in 2012 gehanteer is, is Heathrow die derde besigste lughawe in Europa ná Charles de Gaulle en Frankfurt am Main. Daagliks kom 190&nbsp;000 passasiers in Heathrow aan of vertrek van hier. Heathrow hanteer meer internasionale passasiers as enige ander lughawe.<ref>[http://www.visitlondon.com/traveller-information/travel-to-london/airport/heathrow?ref=mosaic ''www.visitlondon.com: London Heathrow Airport. Besoek op 6 Desember 2015'']</ref>
 
Tans strek die lughawegeriewe oor vyf terminale waarvan elkeen oor winkels, restaurante, geldwisselkantore, inligtingstoonbanke, geriewe vir hotelbesprekings en verlore bagasie beskik. Die jongste toevoeging tot die lughawekompleks is Heathrow-terminaal 5 wat in 2008 geopen is en langafstandvlugte hanteer. Dié terminaal is die grootste vrystaande gebou in die Verenigde Koninkryk en vier keer groter as terminaal 4. Terminaal 2 is laat in 2009 ná byna sestig jaar se bedrywighede vir renovasie gesluit en sal na verwagting nog in 2014 heropen word.
 
As Londen se hooflughawe het Heathrow twee vroeëre lughawens, die Northolt lugmagbasis en die Lughawe Londen-Croydon, vervang. Met meer as 76&nbsp;700 werksgeleenthede op die lughawe self en 'n verdere 140&nbsp;000 in die onmiddellike omgewing, waar 'n groot aantal wêreldwye maatskappye hul kantore het, vorm Heathrow vandag 'n uitgestrekte besigheidsone wat 'n geskatte 2,7 persent tot Londen se bruto inkomsteskepping bydra.
 
== Geskiedenis ==
[[Lêer:Die wagsaal van Heathrow-lughawe se Terminaal 2-gebou.jpeg|duimnael|links|Die wagsaal van Heathrow-lughawe se Terminaal 2-gebou]]
Heathrow-lughawe het in 1929 as 'n klein vliegveld (''Great West Aerodrome'') met sy bedrywighede begin. Dié vliegveld was suidoos van Heathrow geleë, 'n gehuggie wat later sy naam aan die lughawe sou verleen. In die beginjare is die omgewing nog deur boerderye, tuine en vrugteboorde oorheers. Op die huidige terrein van terminaal I was daar in dié tyd nog 'n boerdery, ''Heathrow Farm'', en geboue soos ''Heathrow Hall'' en ''Heathrow House'' geleë.
 
== Verwysings ==
{{verwysings|2}}
 
{{Commonskat|London Heathrow Airport}}
== Eksterne skakels ==
{{CommonskatCommonsKategorie-inlyn|London Heathrow Airport}}
* {{en}} [http://www.heathrowairport.com/ Amptelike webwerf]
 
[[Kategorie:Geboue en strukture in Londen]]