Verskil tussen weergawes van "Pous Honorius III"

k
k (→‎Verkiesing: + skakel)
=== Verkiesing ===
[[Lêer:Honorius3.JPG|266px|duimnael|links|Pous Honorius III deur Giotto di Bondone.]]
Op [[18 Julie]] [[1216]] het al die kardinale wat by [[Pous Innocentius III]] se dood teenwoordig was <ref>Die aantal word verskillend as tussen 19 [http://www.newadvent.org/cathen/07457a.htm] en 27 [http://www.fiu.edu/~mirandas/conclave-xiii.htm#1216] aangegee, maar 25 of 27 lyk die mees waarskynlike.</ref> in Perugia bymekaar gekom om 'n nuwe pous te kies. Weens die staatsprobleme in Italië, die bedreiging van die [[Tartare]] en die moontlikheid van kerkskeuring aanvaar die kardinale 'n kompromie-oplossing. Kardinale Ugolino van Ostia (later [[Pous Gregorius IX]]) en Guido van Praeneste is aangestel om die nuwe pous te kies. Hulle kies toe Cencio "Camerario" wat die keuse onwillig aanvaar het en die naam '''Pous Honorius III'''<ref>Ott, Michael. "Pope Honorius III." The Catholic Encyclopedia. Vol. 7. New York: Robert Appleton Company, 1910. 17 Aug. 2008 <http://www.newadvent.org/cathen/07457a.htm>.</ref> aanneem. Hy is bevestig in Perugia op [[24 Julie]] [[1216]], in [[Rome]] gekroon op [[31 Augustus]] [[1216]] en neem sy intrek in die Lateraanse paleis op [[3 September]] [[1216]].
 
=== Die vyfde kruistog ===