Verskil tussen weergawes van "Katoen"

546 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
Name van katoen
(Katoen is baie gewild ingevoeg)
(Name van katoen)
 
Om hierdie redes kan katoen selfs in onderontwikkelde lande, waar tekstielnywerhede nog op 'n lae vlak van tegniese ontwikkeling is, op groot skaal gebruik word. Honderde miljoene Chinese, Indiërs, Egiptenare, Turke, Mexikane en Arabiere - 'n groot deel van die wêreld se bevolking - dra dus nooit enige ander stof as katoen nie.
 
== Name van katoen ==
Katoenstof word onder baie verskillende name bemark. Daar is die growwe, gekeperde stof wat ''fustein'' genoem  word, waarby koordferweel en "molvel" ingesluit word; kaliko,'n onbedrukte, sterk materiaal; moeselien, fyn.,en sag; kreton, 'n stark, bedrukte stof; pikee, 'n stywe, gekoorde stof; en organdie, of fyn moeselien. Katoen word ook gebruik om ander stowwe na te boots, bv. ferweel, 'n nagemaakte fluweel (sy); flanelet, 'n nabootsing van kamstof (wol) ; en nabootsings van kamerdoek, perkal en sirsakar (linne).
 
== Bronne ==
144

wysigings