Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

geen wysigingsopsomming nie
Danksy die Amerikaanse maatskappy ''Western Electric'', wat die nodige tegniese ondersteuning voorsien het, het die Suid-Afrikaanse Spoorweë op 29 Desember 1923 met die eerste toetsuitsendings van radiokonserte vanuit [[Johannesburg]] begin. Die Spoorweë se radiostasie is op 1 Julie 1924 deur die Wetenskaplike en Tegniese Klub (''Scientific and Technical Club'') van Johannesburg oorgeneem.
 
Net soos in die Goudstad het ook in [[Kaapstad]] (op 15 September 1924 die eerste radiostasies onder die beheer van die ''Cape and Peninsula Broadcasting Association'') en [[Durban]] (10 Desember 1924) tot stand gekom. Die stasies is uitsluitlik deur lisensiegelde gefinansieer wat weens die klein aantal luisteraars egter nie die koste kon dek nie. Op 1 April 1927 het die Schlesinger-organisasie (sien [[I.W. Schlesinger]]) al drie stasies met die goedkeuring van die Suid-Afrikaanse regering oorgeneem en hulle in die land se eerste uitsaaikorporasie, die ''African Broadcasting Corporation'', saamgesmelt. Die Schlesinger-organisasie het die eksklusiewe reg gekry om radioprogramme in Suid-Afrika uit te saai, maar kon in finansiële opsig nog steeds nie die mas opkom nie.
 
Die Suid-Afrikaanse regering het onder die leiding van die Eerste Minister, Generaal [[James Barry Munnik Hertzog]], 'n ondersoek oor die toekoms van die uitsaaiwese in die land ingestel en besluit om die SAUK te stig. In sy eerste bestaansjaar het die SAUK hom op die uitsaai van Engelse programme beperk, tog het die regering daarop aangedring dat programme vanaf 1937 ook in [[Afrikaans]] uitgesaai moes word. Die uitsaaidienste in die twee landstale het as Radio South Africa en Radio Suid-Afrika bekend gestaan.
84 244

wysigings