Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

Artikel uitgebrei: Indiese tempels
 
Die vroeë Hindoes het nie tem­pels vir hul gode gebou nie, maar telkens wanneer hulle iets wou offer (selfs perde is geoffer), is 'n altaar gebou. Een van die kenmerke van 'n hedendaagse Hindoe-tempel is die groot poel waarin gelowigeshulself bad om rein te word. Sulke poele is ook in die stede van die Indusvallei-beskawing gevind; party van die Hindoe-gebruike het dus 'n baie lang geskiedenis.
 
== Hindoeïsme en Boeddhisme ==
Hindoeïsme en Boeddhisme is die twee hoofgods­dienste in Indië, hoewel daar in die suide 'n taamlike aantal Christene is. Deur die eeue het Hindoeïsme 'n suiwerder en meer filosofiese godsdiens geword. Drie gode het belangrik geword, naamlik Brahma, Wisjnoe en Siwa. Hierdie drie gode verteenwoordig die hoofprosesse van lewe en die heelal - ''skepping, behoud'' en ''vernietiging.'' Brahma was die magtigste van die drie en hy word met vier gesigte uitgebeeld sodat hy gelyktydig in alle rigtings kan kyk.
 
Die priesters van Brahma word  Brahmane genoem.  Baie van die Hindoe-Iegendes oor hul gode is aangrypend en het 'n diepe betekenis.
 
In die 6de eeu v.C. het Gautama Siddhartha, wat as die ''Boeddha'' of die ''Verligte'' bekend gestaan het, die hele Indië deurreis en 'n nuwe godsdiens, die, verkondig. Hoewel hierdie godsdiens meer gevorderd as die Hindoeïsme was, het nie alle Indiers hulle daarby aangesluit nie. Die Boeddhisme het egter vin­nig na die omliggende lande, veral China, ver­sprei.
 
== Indiese tempels ==
Die godsdienstige geboue van antieke Indië is luisterryk en pragtig. Die oudste geboue is nie ouer as omtrent 300 v.C. nie, aangesien die wat voor hierdie tyd gebou is, van hout was en nie behoue gebly het nie. Sowel die Boeddhiste as die Hindoes het tempels gebou. Die Boeddhiste het heuwels, bekend as ''stospas,'' gebou op elke plek wat betrekking het op Boeddha as herdenking aan die stigter van hul geloof. Die Hindoes het tempels ter ere van hul vernaamste gode opgerig.
 
Een van die mooiste en merkwaardigste tempels is dié by Elura in Suid-Indië. Die bouwerk daaraan is in 760 n.C. begin, en die tempel is gebou ter ere van die god Siwa. Dit is uit soliede rots gekap en word met reg as een van die wonders van die wêreld beskou. Pelgrims van heinde en verre onder­neem jaarliks die moeilike reis daarheen. Elke muur is versier met vlakreliëfte, wat die een of  ander  voorval in die lewe van die god uitbeeld.
 
'n Ander merkwaardige tempel is die Boeddhistiese tempel by Gaja, waar Boeddha na bewering vir die eerste keer sy nuwe godsdiens gepredik het. Dit is gebou in die vorm van 'n piramide en is byna 45 m hoog. In die tempel is 'n groot standbeeld  van Boeddha. Lampe brand gedurig voor die beeld
 
== Verwysings ==
992

wysigings