Verskil tussen weergawes van "Gebruikerbespreking:Mieliestronk"

geen wysigingsopsomming nie
k (Automatic message fix)
:::: Ter verduideliking: Die naam Mieliestronk kom al 'n lang pad met my saam, ook hier by Wikipedia, maar ek is nie eintlik so bedrywig hier nie, want ek is 'n witgrys omie van 75 jaar. Die webwerf Mieliestronk is rondom die eeuwisseling deur my begin (ná my aftrede om onder die tannie se voete uit te bly) maar ek het die werf reeds 'n aantal jare gelede in sy totaliteit aan die Naspers-filiaal Media24 verkoop. Hulle het allerhande planne ter uitbreiding gehad. Intussen het niks egter gebeur nie, ek vermoed omdat daar besef is waartoe hulle hulle ingelaat het! :-) Maar, ja, ek is betaal en het geen aanspraak meer op enige van die materiaal op die werf nie! Eentyd, lank, lank gelede was daar selfs 'n “samewerkingsooreenkoms” tussen die Afrikaanse Wikipedia en die webwerf Mieliestronk. Dit is beëindig toe die webwerf Mieliestronk meer kommersieel geraak het met die verkoop van CD-ROMs. [[Gebruiker:Mieliestronk|Mieliestronk]] ([[Gebruikerbespreking:Mieliestronk|kontak]]) 18:35, 16 Januarie 2015 (UTC)
 
:: Gooi mielies! Gooi mielies! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 18:41, 16 Januarie 2015 (UTC)
(UTC)
 
 
 
::: :-) [[Gebruiker:Mieliestronk|Mieliestronk]] ([[Gebruikerbespreking:Mieliestronk|kontak]]) 18:43, 16 Januarie 2015 (UTC)
 
:::Dankie vir almal se moeite. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 20:25, 28 Junie 2017 (UTC)
 
 
== Openbare/publieke domein ==
 
Weet iemand dalk waarom word "publieke domein" geskryf en nie "openbare domein" nie? Die "openbare" is die algemeen gebruikte woord vir die Engelse "public", byvoorbeeld openbare swembad, openbare geriewe, noem maar op. "Publieke" is hier stellig nie verkeerd nie, maar daarmee word die voorkeur gegee aan 'n woord met 'n Latynse herkoms (publicus, afgelei van populus, wat die mense of die volk beteken) ten koste van die gewone "openbare" met sy Germaanse herkoms.
863

wysigings