Verskil tussen weergawes van "Antibiotikum"

4 479 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
uitgebrei
(uitgebrei)
 
== Geskiedenis ==
Baie antieke kulture, insluitend die [[Griekeland|antieke Grieke]] en die [[China|antieke Chinese]], het [[muf]] en ander plante gebruik om [[besmettingBesmetting|besmettings]]s te behandel. Dit het gewerk omdat sommige mufsoorte antibiotiese stowwe afskei. Hulle kon egter nie die aktiewe bestanddele uitken of onttrek nie.
 
Die eerste antibiotikum is ontdek toe Alexander Fleming in 1928 in Engeland daarin geslaag het om die stof ''penisillien'' van 'n skimmelgewas in die laboratorium te skei. Fleming het ontdek dat 'n bepaalde skimmel, ''Penicillium notatum,'' wat in die la­boratorium op 'n bakteriekultuur gegroei het, die spesifieke bakterie vernietig het. Hy het die gevolgtrek­king gemaak dat 'n sekere stof wat deur hierdie skimmel afgeskei word, die bakterie uitwis en die stof penisillien genoem.
Moderne navorsing op antibiotika het begin met die ontdekking van [[Penisillien]] in 1928 deur [[Alexander Fleming]].
 
Hierdie ontdekking het tot groot­skaalse navorsing gelei en in 1940 kon wetenskaplikes penisillien op groot skaal vir menslike gebruik ver­vaardig . Baie ander antibiotika is sedertdien ontwikkel en hul bydrae tot die vordering van die mediese wetenskap is van onskatbare waarde.
 
As 'n mens die sterftesyfers as ge­volg van sekere infeksies voor-en na die ontdekking van antibiotika verge­lyk, blyk die belang van antibiotika duidelik. Voor die ontdekking van penisillien het soveel as 85% van die mense wat longontsteking opge­doen het, gesterf.
 
Antibiotika bekamp siektes deur­dat dit die groei van organismes wat siektes veroorsaak, soos byvoor­beeld bakterieë, verhinder. Antibio­tika maak nie noodwendig die or­ganismes dood nie, maar keer dat hulle voortplant en versprei. Anti­biotika kan met groot sukses ge­bruik word, omdat dit die bakterieë wat die liggaam aanval, uitwis sonder dat dit die menslike liggaam­selle beskadig.
 
== Werking van antibiotika ==
Antibiotika werk op ver­ skillende maniere. Sekere antibio­tika, soos penisillien, versteur die normale sintese van 'n bakteriële selwand. Blootstelling aan hierdie antibiotikum verhoed dat die bakterieë normale selwande vorm. As ge­volg hiervan gaan die selinhoud van hierdie mikro-organismes verlore en hulle gaan dood. Ander anti­biotika, soos tetrasiklien, eritro­misien, streptomisien en neomisien, versteur weer die bakterieë se nor­male proteïensintese en verhinder so hul voortplanting. Nog 'n ander groep antibiotika tas weer die sel­ membrane van bakterieë aan.
 
Antibiotika soos penisillien en streptomisien is slegs teen 'n paar bakterieë effektief, en daarom noem ons hulle smal spektrum antibiotika. Ander antibiotika, soos die tetrasiklien, is doeltreffend teen 'n wye reeks bakterieë asook sommige fungi en Rickettsias en word dus breëspektrumantibiotika genoem. In die algemeen is antibiotika baie veilig. Daar is egter mense wat vir sekere antibiotika oorgevoelig is, met nadelige gevolge. In sulke ge­valle ontvang die persoon dan 'n ander soort antibiotika sonder enige negatiewe effekte. Nog 'n probleem wat met die gebruik van antibiotika te voorskyn gekom het, is die geweldige weerstand wat sommige bakte­rieë teen sekere antibiotika kan op­bou. As gevolg hiervan kan die meeste antibiotika slegs op voor­skrif van 'n dokter verkry word. Hul gebruik word ook beperk tot siektes waarvoor hulle werklik nodig is.
 
== Tipe antibiotikas ==
Die volgende antibiotika word tans algemeen gebruik: penisillien, bensielpenisillien, fenoksimetiel­ penisillien, ampisillien, fenetisillien, metisillien, tetrasiklien, strepto­misien, chlooramfenikol, eritro­misien, neomisien, polimiksien B, ens.
 
'''''Streptomisien:''' ''Streptomisien is nog 'n groep breëspektrum antibiotika wat besonder doeltreffend is teen bakterieë watering veroor­ saak. Die nadeel van hierdie antibiotikum is die feit dat bakterieë vin­nig 'n weerstand daarteen opbou.
 
Streptomisien het ook meer dikwels as penisillien en tetrasiklien 'n tok­siese uitwerking. Die oormatige ge­bruik van streptomisien kan in sommige gevalle die gehoor se­nuwees aantas en as die gebruik daarvan dan nie gestaak word nie, kan die pasiënt moontlik doof word.
 
'''''Penisillien'':''' Penisillien is veral effektief teen infeksiesiektes wat deur streptokokke bakterieë ver­oorsaak word. Penisillien word ge­bruik vir die genesing van besmette wonde, pitsere, absesse, akute mangelontsteking, skarlakenkoors, rumatiekkoors, longontsteking, har­singvliesontsteking, beenmurgont­steking, gonorree, sifilis, ens.
 
Penisillien is vroeër gereeld in salwe, oogdruppels, oordruppels en dies meer gebruik, maar as gevolg van die groot weerstand wat bakte­rieë teen hierdie middel  kan opbou, is die wye gebruik gestaak.
 
'''''Tetrasiklien:''''' Tetrasiklien is 'n groep breëspektrum-antibiotika wat ook vir 'n wye verskeidenheid infek­siesiektes gebruik word. Dit rem bakteriese groei deur die proteïen sintese te versteur.
 
== Bronnelys ==
Wêreldspektrum, Volume 2, bl.29-30, ISBN 0 908409 41 9
 
== Sien ook ==
144

wysigings