Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

1 636 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
toevoeg geskiedenis
Lêer:Vypin Lighthouse.jpg|Die Vypinvuurtoring in [[Kerala]], [[Indië]].
</gallery>
 
== Kodestelsel ==
Elke '''vuurtoring''' het sy eie 'kode' of 'taal' van flitse.Die ligflitse, donkerperiodes en [[Kleur|kleure]] verskyn in 'n bepaalde ritme. So kan [[seevaarders]] aflei watter '''vuurtoring''' hulle sien. Die tekens verskyn op die [[seekaarte]] as klein pers vlekke oor die stippel wat die vuurtoring se posisie aandui. Seevaarders weet dan presies waar hulle is en watter [[koers]] hulle moet stuur om die [[hawe]] te bereik of uit die gevaargebied te ontsnap.
 
== Geskiedenis ==
Die eerste permanente vuurtoring waarvan ons weet, is vemoedelik omstreeks [[660 v.C.]] by [[Troje]] aan die kus van Klein-Asië opgerig. Maar die beroemdste vuurtoring van die [[Antiek|antieke tyd]] was die [[Pharos van Alexandrië]] wat in [[280 v.C.]] gebou is. Die [[Vuurtoring van Alexandrië]] in [[Egipte]] is een van die bekendste vuurtorings ter wêreld. Dit was tussen 120 en 137 meter hoog en baie eeue lank een van die hoogste strukture in die wêreld. Die vuurtoring word beskou as een van die [[Sewe wonders van die wêreld#Klassieke wonders|Sewe Wonders van die Antieke Wêreld]].
 
Dit het bly staan tot in die 14de eeu, toe dit tydens 'n [[aardbewing]] vernietig is. Die [[Romeinse Ryk|Romeine]] het baie vuurtorings in die [[Middellandse See|Middelandse Seegebied]] en selfs by [[Dover, Engeland|Dover]] in Engeland opgerig.
 
Die beroemde [[Middeleeue|Middeleeus]]<nowiki/>e '''vuurtoring''', Die Lanterna van [[Genua]], het 'n hoogte van 117 meter en is al eeue lank die bekendste baken van Genua.
 
 
==Verwysings==
* [[Vuurtorings van Suid-Afrika]]
* [[Vuurtorings van Namibië]]
* [[Groenpunt-vuurtoring]]
* [[Vuurtoring van Alexandrië]]
 
== Bron ==
* KENNIS, 1980, vol 5, bl. 878-879, ISBN 0 7981 0827 4
 
{{Saadjie}}
 
[[Kategorie:Vuurtorings| ]]
299

wysigings