Verskil tussen weergawes van "Jan Schutte"

240 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
(Nuwe bladsy geskep met '{{Inligtingskas Predikant | Naam = Dr. Jan Schutte | Beeld = | Beeldbeskrywing = Dr. J.A. Schutte | Beeldonderskrif...')
 
 
== Predikant van Brakpan ==
[[Beeld:Ds PG Geertsema en dr JA Schutte.jpg|regs|300px|Dr. J.A. Schutte (regs) neem in 1959 afskeid van ds. P.G. Geertsema, wat drie jaar sendingleraar in Johannesburg-Noord was. Dr. Schutte was die gemeente se leraar van 1950 tot 1977.]]
Ds. Schutte se ontvangs in [[Gereformeerde Kerk Brakpan|Brakpan]] in 1932 was in die hartjie van die [[Groot Depressie]]. Daar was baie werkloosheid. Afrikaners wat van die platteland na die stede gestroom het, was brandarm. So ook die dominee. Die kerkraad het nie geld gehad om vir die predikant 'n motor te koop nie. Die dominee ook nie. Gevolglik moes ds. Schutte sy gemeentewerk per trapfiets doen. Die arbeidsveld het oor die drie dorpe – [[Brakpan]], [[Benoni]] en [[Springs]] – ge-strek, met 'n string kleinhoewes rondom. Ds. Schutte het op Brakpan gewoon. Na Springs en Benoni het hy die trapfiets op die trein gelaai en van die spoorwegstasies af sy werkgebied op sy fiets ingevaar. Heelwat later het die dominee vir hom 'n Baby Ford kon aanskaf, 'n piepklein, potblou motortjie met geel draadspekies.
 
Ds. Schutte se ontvangs in [[Gereformeerde Kerkkerk Brakpan|Brakpan]] in 1932 was in die hartjie van die [[Groot Depressie]]. Daar was baie werkloosheid. Afrikaners wat van die platteland na die stede gestroom het, was brandarm. So ook die dominee. Die kerkraad het nie geld gehad om vir die predikant 'n motor te koop nie. Die dominee ook nie. Gevolglik moes ds. Schutte sy gemeentewerk per trapfiets doen. Die arbeidsveld het oor die drie dorpe – [[Brakpan]], [[Benoni]] en [[Springs]] – ge-strek, met 'n string kleinhoewes rondom. Ds. Schutte het op Brakpan gewoon. Na Springs en Benoni het hy die trapfiets op die trein gelaai en van die spoorwegstasies af sy werkgebied op sy fiets ingevaar. Heelwat later het die dominee vir hom 'n Baby Ford kon aanskaf, 'n piepklein, potblou motortjie met geel draadspekies.
 
Onder ds. Schutte se geseënde arbeid het die gemeente gegroei. Volgens prof. [[P.W. Buys]] in dr. Schutte se lewensberig in die ''Almanak'' van 1998 het dr. Schutte "met woorde geskilder sodat jy die taferele voor jou oë kon sien: die See van Galilea wat soos 'n blou juweel onder die son lê, om-strengel met 'n krans van vissersdorpies. Die woestaard Legio, met sy ongekamde hare en baard. Jakob by Bet-el, Elia op Karmel, die vier perde van Openbaring wat met hoewegedonder oor die aarde voorthol. 'n Preek van hom wat jy eenmaal gehoor het, het jy nooit weer vergeet nie."
Die mense het Sondags kerk toe gestroom. Heel gou was die kerkie in Victorialaan te klein. Hulle moes stoele indra. Dit was dikwels so vol dat die seuntjies op die trappe van die preekstoel moes sit. 'n Hele paar van die seuntjies van Brakpan sou later self op preekstoele staan, volgens prof. Buys moontlik die gevolg van die inspirerende voorbeeld van hul geliefde dominee.
 
Ds. Schutte was ook 'n uitnemende herder. Prof. Buys skryf: "Huisbesoek deur hom was nie 'n besoeking nie. Hy het vir almal, oud en jonk, 'n opbouende woord gehad. Hy het die mooi gawe gehad om die beste in 'n mens na vore te bring. As hy sy taak afgehandel het, het almal in die huis iets gehad om oor na te dink. Van hom was die spreuk van Spurgeon waar: 'A home going parson makes a church going people.'" Dit was die geval in Brakpan en so ook in sy latere gemeentes, Pretoria en Johannesburg-Noord.
 
== Geaardheid ==
84 826

wysigings