Verskil tussen weergawes van "Jan Schutte"

1 greep verwyder ,  2 jaar gelede
[[Beeld:Ds PG Geertsema en dr JA Schutte.jpg|regs|duimnael|270px|Dr. J.A. Schutte (regs) neem in 1959 afskeid van ds. P.G. Geertsema, wat drie jaar sendingleraar in Johannesburg-Noord was. Dr. Schutte was die gemeente se leraar van 1950 tot 1977.]]
 
Ds. Schutte se ontvangs in [[Gereformeerde kerk Brakpan|Brakpan]] in 1932 was in die hartjie van die [[Groot Depressie]]. Daar was baie werkloosheid. Afrikaners wat van die platteland na die stede gestroom het, was brandarm. So ook die dominee. Die kerkraad het nie geld gehad om vir die predikant 'n motor te koop nie. Die dominee ook nie. Gevolglik moes ds. Schutte sy gemeentewerk per trapfiets doen. Die arbeidsveld het oor die drie dorpe – [[Brakpan]], [[Benoni]] en [[Springs]] – ge-strekgestrek, met 'n string kleinhoewes rondom. Ds. Schutte het op Brakpan gewoon. Na Springs en Benoni het hy die trapfiets op die trein gelaai en van die spoorwegstasies af sy werkgebied op sy fiets ingevaar. Heelwat later het die dominee vir hom 'n Baby Ford kon aanskaf, 'n piepklein, potblou motortjie met geel draadspekies.
 
Onder ds. Schutte se geseënde arbeid het die gemeente gegroei. Volgens prof. [[P.W. Buys]] in dr. Schutte se lewensberig in die ''Almanak'' van 1998 het dr. Schutte "met woorde geskilder sodat jy die taferele voor jou oë kon sien: die See van Galilea wat soos 'n blou juweel onder die son lê, om-strengel met 'n krans van vissersdorpies. Die woestaard Legio, met sy ongekamde hare en baard. Jakob by Bet-el, Elia op Karmel, die vier perde van Openbaring wat met hoewegedonder oor die aarde voorthol. 'n Preek van hom wat jy eenmaal gehoor het, het jy nooit weer vergeet nie."
84 886

wysigings