Verskil tussen weergawes van "Jan Schutte"

14 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
 
== Geaardheid ==
Dr. Schutte het ’n onverbeterlike humorsin gehad. Op ’n keer op 'n sinode het 'n ernstige ouderling beswaar gemaak teen die dominee met sy ligte pak klere. Ds. Schutte se gevatte antwoord was: "Ek kan die broeder gerusstel: ekEk het darem 'n swart onderbroek aan." By 'n ander geleentheid, skryf prof. Buys: "was hy saam met oom Piet Erasmus in Benoni op huisbesoek. Hulle hou toe by 'n huis stil waar 'n briesendebriesend kwaai hond hulle by die hekke inwag. Albei, ouderling en predikant, was maar skrikkerig om uit te klim. Naderhand sê oom Piet: Dominee, ek dink u moet maar eerste instap. U is tog 'n predikant en behoort 'n baie sterker geloof as ek te hê. Spontaan kom dit van ds. Schutte: 'Weet die hond dit?' Daar is tientalle staaltjies wat klassiek geword het in ons kerkverband. Ook die kaskenades wat hierdie regte platjie aangevang het, soos die aand toe hy hom soos 'n ou man vermom het en hom aan sy eie weduwee-moeder gaan voorstel het as 'n wewenaar wat vir haar kom kuier!"
 
== Eeufeesbedieningsfonds ==
84 826

wysigings