Verskil tussen weergawes van "Antibiotikum"

7 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
Taalversorging
(Rol weergawe 1629450 deur MadameFifi (bespreek) terug. Onsinnige veranderings net on Kennis as bron by te voeg)
(Taalversorging)
 
== Werking van antibiotika ==
Antibiotika werk op ver­ skillende maniere. Sekere antibio­tika, soos penisillien, versteur die normale sintese van 'n bakteriële selwand. Blootstelling aan hierdie antibiotikum verhoed dat die bakterieë normale selwande vorm. As ge­volg hiervan gaan die selinhoud van hierdie mikro-organismes verlore en hulle gaan hulle dood. Ander anti­biotika, soos tetrasiklien, eritro­misien, streptomisien en neomisien, versteur weer die bakterieë se nor­male proteïensintese en verhinder so hul voortplanting. Nog 'n ander groep antibiotika tas weer die sel­ membrane van bakterieë aan.
 
Antibiotika soos penisillien en streptomisien is slegs teen 'n paar bakterieë effektief, en daarom noem ons hulle smal spektrumsmalspektrum antibiotika. Ander antibiotika, soos die tetrasiklien, is doeltreffend teen 'n wye reeks bakterieë asook sommige fungi en Rickettsias en word dus breëspektrumantibiotika genoem. In die algemeen is antibiotika baie veilig. Daar is egter mense wat vir sekere antibiotika oorgevoelig is, met nadelige gevolge. In sulke ge­valle ontvang die persoon dan 'n ander soort antibiotika sonder enige negatiewe effekte. Nog 'n probleem wat met die gebruik van antibiotika te voorskyn gekom het, is die geweldige weerstand wat sommige bakte­rieë teen sekere antibiotika kan op­bou. As gevolg hiervan kan die meeste antibiotika slegs op voor­skrif van 'n dokter verkry word. Hul gebruik word ook beperk tot siektes waarvoor hulle werklik nodig is.
 
== Tipe antibiotikas ==
Die volgende antibiotika word tans algemeen gebruik: penisillien, bensielpenisillien, fenoksimetiel­ penisillien, ampisillien, fenetisillien, metisillien, tetrasiklien, strepto­misien, chlooramfenikol, eritro­misien, neomisien, polimiksien B, ens.
 
'''''Streptomisien:''' ''Streptomisien is nog 'n groep breëspektrum antibiotikabreëspektrumantibiotika wat besonder doeltreffend is teen bakterieë wateringwat tering veroor­ saak. Die nadeel van hierdie antibiotikum is die feit dat bakterieë vin­nig 'n weerstand daarteen opbou.
 
Streptomisien het ook meer dikwels as penisillien en tetrasiklien 'n tok­siese uitwerking. Die oormatige ge­bruik van streptomisien kan in sommige gevalle die gehoor segehoorse­nuwees aantas en as die gebruik daarvan dan nie gestaak word nie, kan die pasiënt moontlik doof word.
 
'''''Penisillien'':''' Penisillien is veral effektief teen infeksiesiektes wat deur streptokokke bakterieëstreptokokbakterieë ver­oorsaak word. Penisillien word ge­bruik vir die genesing van besmette wonde, pitsere, absesse, akute mangelontsteking, skarlakenkoors, rumatiekkoors, longontsteking, har­singvliesontsteking, beenmurgont­steking, gonorree, sifilis, ens.
 
Penisillien is vroeër gereeld in salwe, oogdruppels, oordruppels en dies meer gebruik, maar as gevolg van die groot weerstand wat bakte­rieë teen hierdie middelmiddels  kan opbou, is die wye gebruik daarvan gestaak.
 
'''''Tetrasiklien:''''' Tetrasiklien is 'n groep breëspektrum-antibiotika wat ook vir 'n wye verskeidenheid infek­siesiektes gebruik word. Dit rem bakteriese groei deur die proteïen sinteseproteïensintese te versteur.
 
== Bronnelys ==
87 669

wysigings