Verskil tussen weergawes van "N.H. van der Walt"

 
== Breër betrokkenheid ==
[[Beeld:Elizabeth van der Walt.jpg|duimnael|regs|200px|Ds. Van der Walt se eggenote, [[Elizabeth van der Walt|Elizabeth]] (née Du Toit).]]
As konsulent van die [[Gereformeerde kerk Eldoret|gemeente in Eldoret]] het ds. Van der Walt [[Kenia]] einde 1918 besoek. Sy besoek het die lidmate aangespoor tot geldinsamelings vir die koop van ’n standplaas en die oprig van ’n kerkgebou. Teen hierdie tyd het die gemeente gegroei tot 186 lidmate. In September 1919 is ds. Van der Walt weer na Kenia. Hy gee katkisasieklas en sewe jong lidmate lê belydenis van geloof af. Teen die einde van November is ds. Van der Walt weer terug na sy eie gemeente in [[Middelburg, Mpumalanga|Middelburg (Tvl.)]]. Twee jaar later, in 1921, keer hy vir oulaas terug na Kenia nadat ds. [[Pieter Bingle|P.W. Bingle]] van [[Gereformeerde kerk Venterstad|Venterstad]] die gemeente sou besoek, maar dit moes aflas omdat hy pampoentjies opgedoen het.
 
84 349

wysigings