Verskil tussen weergawes van "Rob"

1 613 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
toevoeg
(toevoeg)
 
'''Robbe''' (''Phocidae''), ook ''Oorlose Robbe'' of ''Seehonde'' genoem, is 'n [[familie (biologie)|familie]] van [[soogdier]]e wat in die [[see]] lewe. Die familie ressorteer onder die [[orde (biologie)|orde]] van [[roofdier]]e (''Carnivora'').
 
Die ware robbe (''Phocidae'') word onderskei van die [[oorrrobbe]] (''Otariidae)'' deurdat hulle geen uitwendige oorskulpe het nie en deur hul onvermoë om hul agter-ledemate vir beweging op die land te gebruik.
 
Daar is 'n hele aantal soorte, waarvan die meeste in die koue gematigde seë en in die [[Arktiese Oseaan|Arkties]]<nowiki/>e en die [[Antarktiese Sirkel|Antarktiese]] gebied aangetref word. In Suid-Afrikaanse waters word hierdie groep verteenwoordig deur die suidelike [[see-olifant]] (''Mirounga leonina'') en die [[luiperdrob]] (''Hydrurga leptonyx''). Hulle is nie juis volop aan hierdie [[Kuslyn|kus]] nie, want hul eintlike tuiste is die Antarktiese en sub-Antarktiese gebied.
 
Die meeste van die ware robbe is [[kuddedier]]<nowiki/>e, maar die [[luiperdrob]], wie se dieet hoofsaaklik uit [[pikkewyn]]<nowiki/>e bestaan, en die uiters seldsame [[Ross-See-rob]] word nêrens in groot getalle aangetref nie. Anders as die ander ''Vinvoetiges'' of ''Seeroofdiere'' (voorheen van die suborde ''Pinnipedia'') is die ware robbe, uitgesonderd die see-olifant en die [[grys rob]], nie veelwywig nie.
 
<gallery>
Lêer:Heligoland Düne 20090627 131.JPG|Phocidae resies!
Lêer:Otariidae Phocidae Comparative Anatomy.svg|Vergelyking tussen ''Otariidae'' en ''Phocidae''
Lêer:Old Phocidae.JPG|Bejaarde Phocidae
Lêer:Phocidae - Parc Zoologique de Paris, August 2015.jpg|Phocidae - Parc Zoologique in Parys
Lêer:Bébé Phoque de Weddell - Baby Weddell Seal.jpg|Baba Weddellrob
</gallery>
 
== Sien ook ==
* [[Seeroofdiere]]
 
== Bronnelys ==
* KENNIS,  vol 14, 1980, bl. 2751-2753,  ISBN 0 7981 0836 3
 
== Eksterne skakels ==
299

wysigings