Verskil tussen weergawes van "Chemie"

5 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
Skakel Wikiwoordeboek using AWB
k (Skakel Wikiwoordeboek using AWB)

=== Atome ===
:''Hoofartikel: [[Atoom]].''

'n Atoom is a versameling stowwe wat bestaan uit 'n positief gelaaide kern, wat gewoonlik uit protone en neutrone bestaan, en 'n aantal elektrone, waarvan die negatiewe lading die positiewe lading in die kern balanseer.

=== Elemente ===
:''Hoofartikel: [[Chemiese element]].''

'n Element is 'n klas van atome wat dieselfde aantal protone in die atomiese kern bevat. Hierdie getal staan bekend as die atoomgetal van die element. Alle atome wat byvoorbeeld 6 protone in hul kern bevat is atome van die chemiese element [[koolstof]], en alle atome met 92 protone in hul kern is atome van die element [[uraan]].

=== Molekuul ===
:''Hoofartikel: [[Molekuul]].''

'n Molekuul is die kleinste onverdeelbare deel van 'n suiwer chemiese stof wat sy stel unieke einskappe behou. 'n Molekuul bestaan uit twee of meer atome wat chemies aan mekaar verbind is.

=== Binding ===
:''Hoofartikel: [[Chemiese binding]].''

Chemiese binding is die kragte wat atome in molekules of kristalle bymekaar hou. In baie eenvoudige stowwe kan die valensiebindingsteorie en die konsep van oksidasiegetal gebruik word om te voorspel wat die molekulêre struktuur en samestelling sal wees. Soortgelyk kan teorieë van klassieke fisika gebruik word om die ioonstrukture te voorspel. Met meer komplekse stowwe soos metaalkomplekse faal valensiebindingsteorie en is 'n deegliker begrip gebaseer op kwantum meganika nodig.

=== Toestande van Materie ===
:''Hoofartikel: [[Toestand van materie]].''

'n Fase is 'n stel toestande van 'n chemiese stelsel wat soortgelyke [[massale eienskappe|massale]] strukturele eienskappe het, oor 'n reeks omgewingstoestande soos druk of temperatuur. Fisiese eienskappe soos digtheid en refraksie indeks val in die waardes wat die fase karakteriseer. Die fase word gedefinieer deur die faseverandering wat die stof ondergaan wanneer energie in die stelsel ingesit of uitgehaal word. Die energie veroorsaak 'n verandering in die struktuur van die stelsel eerder as om die massale toestande van die stelsel te verander.

=== Reaksies ===
:''Hoofartikel: [[Chemiese reaksie]].''

Chemiese reaksies is veranderinge wat plaasvind in the struktuur van molekules. Sulke reaksies kan lei tot die vorming van groter molekules vanweë molekules wat aan mekaar bind, molekules wat uitmekaar breek om twee of meer kleiner molekules te vorm. Chemiese reaksies kan ook lei tot die herrangskikking van atome binne-in of rondom molekules. Chemiese reaksies behels normaalweg die maak of breek van chemiese verbindings.

=== Kwantumteorie ===
:''Hoofartikel: [[Kwantumteorie]].''

Kwantumteorie beskryf die gedrag van materie by kort lengteskale. Dit is in beginsel moontlik om alle chemiese stelsels te beskryf deur van die teorie gebruik te maak, maar dit is wiskundig kompleks en buitengewoon moeilik om te visualiseer. In praktyk kan slegs die eenvoudigste chemiese stelsels realisties ondersoek word en in suiwer kwantummeganika-terme beskryf word en moet benaderings gemaak word vir die meeste praktiese doeleindes (bv. Hartree-Fock of ''Density functional theory''). Dus is 'n detail begrip van kwantum meganika nie nodig vir chemie nie, aangesien die belangrikste implikasies van die teorie in eenvoudiger terme verstaan en toegepas kan word.

== Sien ook ==
*[[Rasemiese mengsel]]

== Eksterne skakels ==
* {{Wikt-inlyn|chemie}}

[[Kategorie:Chemie| ]]