Verskil tussen weergawes van "Benito Mussolini"

Besig om artikel uit te brei, skakels bygevoeg.
(Besig om artikel uit te brei.)
(Besig om artikel uit te brei, skakels bygevoeg.)
Italië het in 1870 'n eenheidstaat met 'n parlementêre demokrasie geword. Die politieke stelsel was nie net jonk nie, maar ook vol swakhede; die bestaande partye het probleme ondervind om regeringskoalisies te vorm sodat 'n parlementêre meerderheid verkry kon word. Dit het gelei tot uitgebreide korrupsie, wat die aansien van die demokrasie in die oë van die bevolking geskaad het.
 
Die onderskeie regerings het min aandag gegee aan die oplossing van die binnelandse sosiaal-ekonomiese probleme, wat veral ná 1918 vererger het. Dit het die sosiale onrus laat toeneem en 'n vrees vir 'n '''[[Bolsjewis|Bolsjewistiese''']] revolusie by die gevestigde burgery laat ontstaan. Mussolini se optrede het by talle mense die hoop laat ontstaan dat hy die oorsake van hul ontevredenheid en angs uit die weg sou kon ruim. In die vestiging van sy '''[[Fascisme|Fascistiese staat''']] het Mussolini hierdie verwagtinge tot sy voordeel aangewend.
 
== Jeug ==
Benito Amilcare Andrea Mussolini is op 2 Julie 1883 op die gehuggie Varano di Costa by Predappio in die streek '''[[Romagna''']] in '''[[Italië|Noordoos-Italië''']] as die seun van 'n smid en 'n onderwyseres gebore. Sy vader was 'n '''[[Ateïsme|ateïs''']], 'n Republikein en 'n '''[[Sosialisme|sosialis''']]. Dit, saam met die '''[[Links (liberaal)|linkse''']] tradisie in Romagna en sy armoedige jeug, het in groot mate daartoe bygedra dat Mussolini vroeg reeds rebels en sosialisties geword het. Hy het vir 'n kort tydjie onderwys gegee, maar dit het hom nie bevredig nie. Sy avontuurlus het hom in 1902 na '''[[Switserland''']] laat vertrek, waar hy met '''[[Marxisme''']] in aanraking gekom het. Nadat hy sy militêre diensplig voltooi het, het hy in die destydse Trentino (toe nog in Oostenryk) sekretaris van 'n Italiaanse vakbond geword en 'n sosialistiese blad uitgegee. Dit het later tot sy uitsetting uit '''[[Oostenryk''']] gelei.
 
As sekretaris van die sosialistiese federasie van die provinsie Forli het Mussolini in 1910 met die weekblad ''La Lotta di Classe'' ("Klassestryd") begin. Hy het tot die linkervleuel van die sosialistiese party behoort en het onder die invloed van '''[[Friedrich Nietzsche''']] en '''[[Georges Sorel''']] (1847-1922) 'n voorstander van aksie en geweld geword. Hy was ook teen parlementêre '''[[demokrasie''']] gekant en het voorgegee dat hy teen nasionalisme en militarisme was.
 
Mussolini het 'n onstuimige, veglustige persoonlikheid gehad. Hy was onberekenbaar, maklik beïnvloedbaar, egosentries, outoritêr en selfvoldaan. Hy het hom graag as 'n ontwikkelde man voorgedoen, hoewel hy in werklikheid net 'n oppervlakkige kennis gehad het.
992

wysigings