Verskil tussen weergawes van "Benito Mussolini"

k
geen wysigingsopsomming nie
(Media bygevoeg.)
k
 
== Buitelandse politiek ==
Om sy ekonomiese en bevolkingspolitiek te verwesenlik, het Mussolini die Italiaanse grondgebied buite die landsgrense probeer uitbrei. Sy buitelandse beleid is egter in groot mate beïnvloed deur sy wrok ten opsigte van die [[Verdrag van Versailles]] (1919). waarvolgens Italië na sy mening te min ontvang het. Hy het daarna gestreef om die [[Middellandse See]] weer 'n ''mare nostrum'' ("ons see", soos die Romeine in die Oudheid dit genoem het) te maak. Hy het onder meer ook graag na die "grootse verlede" van Italië verwys. [[Lêer:Bundesarchiv Bild 146-1970-052-24, Münchener Abkommen, Mussolini, Hitler, Chamberlain.jpg|duimnael|Mussolini, Hitler, Schmidt en Chamberlain, 1938]]In Oktober 1935 het Mussolini 'n aanval op [[Ethiopië]] gedoen. Die [[Volkebond]] het ekonomiese sanksies teen Italië ingestel, maar dié sanksies is net gedeeltelik toegepas en kon nie voorkom dat Ethiopië in Mei 1936 verower is nie. Die gemeenskaplike vyandskap van die meeste Europese moondhede het daartoe gelei dat Mussolini en Hitler 'n bondgenootskap gevorm het. Dié samewerking het in Oktober 1936 uitgeloop op die [[Spilverdrag]] tussen Berlyn en Rome. Mussolini was later geheel en al ondergeskik aan Hitler, met wie hy in 1939, nadat [[Albanië]] verower is, die militêre [[Staalverdrag]] gesluit het.
 
In Oktober 1935 het Mussolini 'n aanval op [[Ethiopië]] gedoen. Die [[Volkebond]] het ekonomiese sanksies teen Italië ingestel, maar dié sanksies is net gedeeltelik toegepas en kon nie voorkom dat Ethiopië in Mei 1936 verower is nie. Die gemeenskaplike vyandskap van die meeste Europese moondhede het daartoe gelei dat Mussolini en Hitler 'n bondgenootskap gevorm het. Dié samewerking het in Oktober 1936 uitgeloop op die [[Spilverdrag]] tussen Berlyn en Rome. Mussolini was later geheel en al ondergeskik aan Hitler, met wie hy in 1939, nadat [[Albanië]] verower is, die militêre [[Staalverdrag]] gesluit het.
 
== Die Tweede Wêreldoorlog ==
Toe Hitler Pole in 1939 binneval, was Italië nie voorbereid op die oorlog nie en hy het tot in Julie 1940 neutraal gebly. Nadat Italië tot die oorlog toegetree het, moes Duitsland Mussolini teen die einde van 1940 in Griekeland en Noord-Afrika te hulp snel. Die Italianers het al hoe meer teen Mussolini gekant geraak en in Julie 1943 is hy ná 'n mosie van wantroue deur die koning uit die Groot Raad van die Fasciste ontslaan. Die invalsleër van die [[Geallieerdes|Geallieerde Magte]] was toe reeds in die suide van Italië.
 
[[Lêer:Bundesarchiv Bild 146-1970-052-24, Münchener Abkommen, Mussolini, Hitler, Chamberlain.jpg|duimnael|Mussolini, Hitler en Chamberlain, 1938]]
Mussolini is eers op die eilandjie La Maddalena en daarna op Gran Sasso gevange gehou, van waar hy in 'n skouspelagtige vliegtuigoperasie deur die Duitsers bevry is. Met Duitse steun het hy 'n nuwe bewind in Noord-Italië tot stand gebring: die Republiek Salò, of die Italiaanse Sosiale Republiek, wat bloot 'n satelliet van Duitsland was. Mussolini het in dié tyd baie geskryf en na sy sosialistiese idees van vroeër teruggekeer.
 
Toe die Duitse oorgawe in April 1945 dreig, het hy saam met sy minnares Clara Petacci na Switserland probeer vlug. DigbyNaby die grens is hulle egter eur Italiaanse kommuniste gevange geneem en op 28 April 1945 is hulle naby die [[Como (meer)|Meer Como]] deur 'n vuurpeleton tereggestel. Hulle na [[Milaan]] gebring en daar by 'n motorhawe in die openbaar onderstebo opgehang.
 
== Bronnelys ==
992

wysigings