Cardiff: Verskil tussen weergawes

281 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
Bygewerk
k (Bygewerk)
|rowspan=6| [[Lêer:WalesCardiff.png|180px|senter]]
|- style="background: white"
|style="border-left:1px solid #999"| [[Lêer:Coat of Arms of Cradiff.jpg|75px|senter]]
|- style="background: #f7f8ff;border-top:1px solid #999; text-align:center;"
|style="border-left:1px solid #999"|
|- style="background: #CEDAF2; text-align:center;"
|style="border-left:1px solid #999;border-top:1px solid #999"| '''Vlag'''
|style="border-left:1px solid #999"| [[Lêer:Flag of Cardiff.svg|90px|senter|border]]
|- style="background: #f7f8ff; border-top:1px solid #999; text-align:center;"
|style="border-left:1px solid #999"|
|- style="border-top:1px solid #999;"
| '''[[Land]]'''
|-
| '''Tydsone'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | [[UTC]] +±0 <br /> Somertyd: UTC +1(GMT)
|- style="border-top:1px solid #999;"
| &nbsp;- [[Somertyd]]
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | [[UTC]] +1 (BST)
|-
|&nbsp;'''Klimaat'''
|-
| &nbsp;- Gemiddelde jaarlikse neerslae
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 1112 &nbsp;mm
|-
|&nbsp;'''Voorsitter van stadsraad'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | PhilMatt BaleEdwards
|- style="border-top:1px solid #999;"
|&nbsp;'''Amptelike Webwerf'''
|}
 
'''Cardiff''' ([[Engels]]: [ˈkɑːrdɪf], {{Audio|En-uk-Cardiff.ogg|luister}}; [[Wallies]]: ''Caerdydd'', [kairˈdiːð,] of [kaˑɨrˈdɨːð], {{Audio|Caerdydd.ogg|luister}}) is die [[hoofstad]] en grootste stad van [[Wallis]]. Cardiff lê aan die Walliese suidkus aan die [[Kanaal van Bristol]] in die geskiedkundige graafskap Glamorgan en word in administratiewe opsig as 'n eenheidsstad bestuur.
 
Nog tot in die vroeë 19de eeu was Cardiff 'n taamlik klein [[nedersetting]] wat eers met die industrialisering van die gebied bekendheid verwerf het as 'n belangrike uitvoerhawe vir [[steenkool]]. Uiteindelik het dit tot die grootste Walliese stad gegroei en is vandag 'n belangrike kulturele, geskiedkundige en sportsentrum in die [[Verenigde Koninkryk]] en sy 14de grootste nedersetting. Cardiff het in 1905 stadstatus gekry en het in 1955 die hoofstad van Wallis geword.
 
Die stad spog met ’n kasteel, katedraal en universiteit, en die [[Millennium-stadion]], waar belangrike rugbywedstryde gespeel word. Cardiff was een van die gasheerstede van die [[Rugbywêreldbeker 2007]].<ref name="HAT Taal-en-feitegids">HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8</ref>
Die naam Cardiff is 'n verengelsing van die Walliese naam ''Caerdydd''. Die oorsprong van hierdie naam bly onduidelik; ''Caer'' beteken "fort" of "[[kasteel]]", maar die presiese betekenis van ''Dydd'' in hierdie konteks is nie bekend nie. In moderne Wallies beteken die woord "dag". Sommige deskundiges neem aan dat ''Dydd'' of ''Diff'' 'n vervorming van ''Taff'' was – die rivier waaraan die kasteel van Cardiff lê. Cardiff sou dus "die fort aan die Taff-rivier" beteken (die T muteer in Wallies tot D).
 
Ander navorsers voer die naam eerder terug op Aulus Didius Gallus – dit is bekend dat die Romeine 'n fort in Cardiff opgerig het toe hy as goewerneur van die nabygeleë provinsie gedien het. Cardiff sou dus ook as "die fort van Didius" vertaal kan word. Op die Romeinse fort se vroeëre terrein is later 'n Normandiese kasteel opgerig wat egter in die [[Victoriaanse tydperk]] deur John Crichton-Stuart, die 3de Marquess van Bute, en die argitek William Burges grootliks verander en uitgebou is. Oorspronklike Romeinse gedeeltes kan nog in die muurbedekking besigtig word.
 
Daar is 'n tweede kasteel noord van die stad – ''Castell Coch'' (die "Rooi Kasteel"). Die huidige kasteel is – tenminste in argitektoniese en geskiedkundige opsig – 'n ryk versierde Victoriaanse dwaasheid wat deur Burges vir die Marquess ontwerp en in die 1870's gebou is. Die Victoriaanse kasteel het op die terrein van 'n baie ouer Middeleeuse kasteel ontstaan wat moontlik deur Ifor Bach opgerig is – 'n plaaslike baron wat ook met die kasteel van Cardiff verbind word. Die buitekant van die gebou het 'n gewilde toneel vir rolprent- en televisieproduksies geword.
== Eksterne skakels ==
{{CommonsKategorie-inlyn}}
* {{en}} {{Wikivoyage|Cardiff}}
* {{cy}} {{en}} [http://www.cardiff.gov.uk/ Amptelike webwerf]
 
[[Kategorie:Kusstede]]
[[Kategorie:Cardiff| ]]
[[Kategorie:Kusstede]]