Verskil tussen weergawes van "Dier"

2 grepe verwyder ,  2 jaar gelede
k
 
==== Ecdysozoa ====
[[Lêer:Sympetrum flaveolum - side (aka).jpg|duimnael|Geelvlerknaaldekokers, ''Sympetrum flaveolum''.]]
 
Die [[Ecdysozoa]] behoort tot Protostomia en is genoem na die algemene eienskap van groei deur vervelling.<ref>{{cite book |last=Dawkins |first=Richard |title=The Ancestor's Tale: A Pilgrimage to the Dawn of Evolution |year=2005 |publisher=Houghton Mifflin Harcourt |isbn=978-0-618-61916-0 |page=381}}</ref> Dit sluit die grootste dierefilum, die [[Arthropoda]], in en bevat [[insek]]te, [[spinnekop]]pe, [[krap]]pe, ens. Al dié diere se liggaam is in herhalende segmente verdeel wat gewoonlik in pare voorkom. Twee kleiner filums, Onychophora en Tardigrada, is nabye verwante en deel dié eienskappe. Ecdysozoa sluit ook die [[Nematoda]], of rondewurms, in wat dalk die tweede grootste dierefilum is. Rondewurms is meestal mikroskopies en kom voor in feitlik elke omgewing waar daar water is.<ref>{{cite book |last1=Prewitt |first1=Nancy L. |last2=Underwood |first2=Larry S. |last3=Surver |first3=William |title=BioInquiry: making connections in biology |year=2003 |publisher=John Wiley |isbn=978-0-471-20228-8 |page=289}}</ref> ’n Paar is belangrike parasiete.<ref>{{cite book |title=Parasites in social insects |year=1998 |publisher=Princeton University Press |isbn=978-0-691-05924-2 |last=Schmid-Hempel |first=Paul |page=75}}</ref> Kleiner filums wat aan hulle verwant is, is Nematomorpha, of die perdehaarwurms, Kinorhyncha, Priapulida en Loricifera. Hierdie groepe het ’n klein buikholte, wat ’n skynbuikholte genoem word.