Verskil tussen weergawes van "Olbers se Paradoks"

Geen grootteverandering nie ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
[[Lêer:Olber's Paradox - All Points.gif|thumb|right|250px|Olbers se Paradoks in aksie.]]
'''Olbers se Paradoks''' is die redenasie dat die donkerte van die naghemel die aanname weerspreek dat die heelal oneindig en staties is. Die donkerte van die naghemel is een van die bewyse dat die heelal nie staties is nie, wat ooreenstem met die teorie van die [[Groot Knal]]. As die heelal staties was, met ’n oneindige getal sterre, sou enige lyn van ’n waarnemer op die [[Aarde]] af geëindig het teen die blink oppervlak van ’n ster, en daarom sou die maghemelnaghemel helder gewees het.
 
Die teorie is genoem na die [[Duitsland|Duitse]] sterrekundige [[Heinrich Wilhelm Olbers]], wat dit in 1820 geformuleer het. Olbers was nie die eerste sterrekundige wat dit geglo het nie. Die eerste korrekte formulering van die teorie is in 1744 deur [[Jean-Philippe de Cheseaux]] gedoen, maar voor hom het onder andere [[Thomas Digges]] en [[Johannes Kepler]] hulle al met die gedagte besig gehou.