Verskil tussen weergawes van "Olimpiese Somerspele 1936"

Bygewerk
(Bygewerk)
Die '''Olimpiese Somerspele 1936''' ([[Duits]]: ''Olympische Sommerspiele 1936''), amptelik bekend as die '''Spele van die XIde Olimpiade''', is tussen 1 en 16 Augustus 1936 in [[Berlyn]], [[Duitsland]], aangebied. In 1931 is Berlyn deur die [[Internasionale Olimpiese Komitee]] (IOK) bo [[Barcelona]] as gasheer vir die Spele verkies. Berlyn het 43 teenoor Barcelona se 16 stemme gekry.<ref>{{en}} {{cite web |url=http://www.gamesbids.com/english/archives/past.shtml |title=Past Olympic host city election results |publisher=GamesBids |accessdate=18 Januarie 2018 }}</ref> In 1936 het die destydse [[Nazi-Duitsland]] ook die [[Olimpiese Winterspele 1936|Olimpiese Winterspele]] aangebied, in [[Garmisch-Partenkirchen]] in die [[Alpe]]. Dit was die laaste Olimpiese Somerspele voor die uitbreek van die [[Tweede Wêreldoorlog]] drie jaar later, wat met die Duitse [[Inval van Pole]] begin het.
 
[[Lêer:Bundesarchiv B 145 Bild-P017073, Berlin, Olympische Spiele im Olympiastadion.jpg|duimnael|links|Die Olimpiese Stadion in Berlin, 1936.]]
[[Lêer:Jesse Owens2.jpg|duimnael|links|Jesse Owens hardloop die 200 meter.]]
Toe [[Adolf Hitler]] in Januarie 1933 aan bewind kom as kanselier, klink daar stemme op om die Spele na 'n ander land te skuif. In die [[Verenigde State van Amerika|Verenigde State]] was daar selfs 'n veldtog om die Spele te boikot. [[Avery Brundage]], die voorsitter van die Amerikaanse Olimpiese Komitee, spreek hom teen 'n verskuiwing van die Spele uit, en hy kry ook steun van [[Pierre de Coubertin|De Coubertin]]. Net die [[Sowjetunie]] het hierdie spele geboikot.<ref>{{de}} {{cite book|author=Volker Ullrich|title=Adolf Hitler. Die Jahre des Aufstiegs 1889–1939|publisher=S. Fischer|location=Frankfurt am Main|year=2013|pages=622|isbn=3-100-86005-5}}</ref> [[Spanje]] bly weg omdat dit deur 'n [[Spaanse burgeroorlog|burgeroorlog]] verskeur is.
 
Hoewel die Spele dus aan Berlyn toegeken is voordat die [[Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty|Nazi's]] in Duitsland aan bewind gekom het, sien die owerheid die Spele as 'n geleentheid om sy [[fascisme|fascistiese]] ideologie uit te dra. [[Leni Riefenstahl]] word aangestel om 'n film oor die Spele te maak. Die film ''[[Olympia (film)|Olympia]]'' kan as [[propaganda (kommunikasie)|propaganda]] bestempel word, maar gebruik 'n getal ongewone tegnieke wat destyds nog nie in sportfilms aangewend is nie.
{{sleutel|#1e90ff|Neem vir die eerste keer deel}}
{{sleutel|#00ff7f|Het reeds vantevore deelgeneem}}]]
[[Lêer:1936 Summer Olympics (Berlin) boycotting countries (red).png|duimnael|400px|Kaart van die Olimpiese boikot van 1936]]
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die [[Nasionale Olimpiese Komitee]]s wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
{{columns-list|3|