Verskil tussen weergawes van "Spaanse Inkwisisie"

k
==Oorsprong==
===Wat voorafgegaan het===
Die ondersoekende Inkwisisie is nie 'n Spaanse skepping nie. Dit is gestig op grond van 'n pouslike besluit ''Ad Abolendam'' ("met die doel om af te skaf"), wat aan die einde van die twaalfde eeu deur [[Pous Lucius III]] uitgereik is om die [[Albigensiese Kruistog | Albigensiese]] [[kettery]] in die suide van [[Frankryk]] te bestry. Daar was howe van die pouslike Inkwisisie in verskeie Europese koninkryke gedurende die [[Middeleeue]]. In die Koninkryk van Aragon is 'n pouslike Inkwisisie gegrond op die dekreet ''Excommunicamus'' van [[Pous Gregorius IX]] in 1232 gedurende die era van die Albigensiese kettery. Die belangrikste verteenwoordiger van die pouslike inkwisisie in Arágon was Raymundus van Peñafort. Met verloop van tyd het die belangrikheid van die Inkwisisie afgeneem. In die middel van die vyftiende eeu het die instituut, alhoewel juridies nog in werking, amper vergete.
 
In [[Kastilië]] was die pouslike Inkwisisie nog nooit aktief nie. Opsporing en straf van dwaalleer was take van die biskoppe daar; Dit is dus beter om te verwys na die biskoppe se Inkwisisie.
19 132

wysigings