Verskil tussen weergawes van "Spaanse Inkwisisie"

1 741 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
 
Tydens die gevangnisneming is die beskuldigde nie op hoogte gebring van die aanklagte wat teen hom ingedien is nie. Daar kon maande of selfs jare verbygaan waarin die beskuldigde nie geweet het waarom hy 'n gevangene was nie. Die gevangenes is geïsoleer en hulle was nie toegelaat om deel te neem aan die mis of om sakramente te ontvang nie.
 
===Vervolgingsproses===
Die proses self bestaan uit 'n reeks hoorsittings, waarin sowel die aanklaers (diegene wat die aanklag by die Inkwisisie aanhanig gemaak het) as die beskuldige self hul verhaal kon vertel. Die beskuldigde is 'n verdediger toegewys, 'n lid van die tribunaal, wie se taak was dit om die beskuldigde advies te gee en hom aan te moedig om die waarheid te praat. Ondervraging van die beskuldige vind plaas in die teenwoordigheid van 'n amptenaar wat gedetailleerde notules bygehou het. Die argiewe van die Inkwisisie is in vergelyking met ander regsinstellings van tyd baie volledig en gedetailleerd. Om hom self te verdedig het die beskuldigde twee moontlikhede: die vind van 'n getuie tot sy voordeel (''abonos'') of die aantoon van die ongeloofwaardigheid van die aanklaende getuies (''tachas'').
 
Tydens die ondervraging van die beskuldigde kon die Inkwisisie [[marteling]] gebruik as werktuig, maar daar was nie altyd daarvan gebruik gemaak nie. Marteling is veral gebruik in die 16de eeu teen die verdagtes van die jodedom en van protestantisme. Volgens sommige historici is tussen [[1575]] en [[1610]] ongeveer 'n derde van die verdagtes daadwerklik gemartel. Marteling is altyd toegepas om 'n bekentenis te verkry en nie as straf nie. Dit is ook toegepas op kinders en ouder persone.
 
Die mees gebruikte martelmetodes was die ''garrucha'', ''toca'' en ''potro''. By die ''garrucha'' (algemeen bekend as ''strappado'') was die verdagte opgehang aan sy arms. Aan die voete van die verdagte is gewigte vasgemaak, waarna die verdagte herhaaldelik opgetrek is en hulle hom dan weer 'n stuk laat val het. Die resultaat was dikwels nie slegs 'n skerp pyn nie, maar ook lukasie (wat uit die skiet van die gewrigte kom).
 
== Bron ==
19 676

wysigings