Verskil tussen weergawes van "Spaanse Inkwisisie"

===Vervolgingsproses===
[[Lêer:Torture Inquisition.jpg|duimnael|Marteling gedurende die Spaanse Inkwisisie.]]
[[Lêer:Torture Chamber of the Inquisition v2.PNG|duimnael|Verskillende metodes van pyniging deur die Inkwisisie]]
Die proses self bestaan uit 'n reeks hoorsittings, waarin sowel die aanklaers (diegene wat die aanklag by die Inkwisisie aanhanig gemaak het) as die beskuldige self hul verhaal kon vertel. Die beskuldigde is 'n verdediger toegewys, 'n lid van die tribunaal, wie se taak was dit om die beskuldigde advies te gee en hom aan te moedig om die waarheid te praat. Ondervraging van die beskuldige vind plaas in die teenwoordigheid van 'n amptenaar wat gedetailleerde notules bygehou het. Die argiewe van die Inkwisisie is in vergelyking met ander regsinstellings van tyd baie volledig en gedetailleerd. Om hom self te verdedig het die beskuldigde twee moontlikhede: die vind van 'n getuie tot sy voordeel (''abonos'') of die aantoon van die ongeloofwaardigheid van die aanklaende getuies (''tachas'').
 
20 040

wysigings