Verskil tussen weergawes van "Abraham Kriel"

Geen grootteverandering nie ,  2 jaar gelede
 
 
== Predikant ==
[[Beeld:Ds_Abraham_Kriel_1917.jpg|duimnael|links|210px190px|Ds. Kriel omstreeks 1917.]]
 
Kriel is in 1880, ná sy studie aan die [[Kweekskool]] op [[Stellenbosch]] in die [[Nederduitse Gereformeerde Kerk|NG Kerk]] gelegitimeer. Reeds in sy eerste gemeente, [[NG gemeente Dutoitspan|Dutoitspan]] op [[Kimberley]], waar hy gedien het van 1880 tot 1893, beywer hy hom veral vir armesorgwerk en onder sy leiding koop die kerkraad 'n huis wat omskep is in 'n jeugtuiste, die Newton-tehuis vir verwaarloosde kinders. Die kerkraad het ook 'n hotelgebou gekoop wat omskep is in 'n tehuis vir jong Christenmans.
 
[[Beeld:AP Kriel-gesin.jpg|duimnael|regs|380px270px|Ds. Kriel en sy gesin.]]
 
Op 'n besoek aan [[Europa]] maak hy kennis met verskeie weesinrigtings. Later sou hy weer sulke besoekreise onderneem. Met die uitbreek van die [[Anglo-Boereoorlog]] bevind hy hom in die NG gemeente Witwatersrand-Wes (later [[NG gemeente Langlaagte]], waar hy leraar was van 1893 tot hy met pensioen is in 1918) en word twee en 'n half jaar lank veldprediker vir die Boeremagte onder genls. [[Lucas Meyer]] en [[Jan Smuts]] en in die Noordwes-Kaap onder adj.genl. [[Christiaan Frederik Beyers|C.F. Beyers]].
84 871

wysigings