Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

24 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
Edinburg was oorspronklik 'n Piktiese nedersetting, wat in die 7de eeu deur Angel-Sakse uit Northumbrië verower is. Volgens oorlewerings het hulle koning Edwin die stad, wat sedertdien sy naam dra, nuut gestig. Hy het ook 'n vesting op die heuwel opgerig, waar later die kasteel van Edinburg ontstaan het.
 
Die [[Wikings]] het die stad gedurende die 9de eeu verskeie kere verwoes. Sedert die 11de eeu maak Edinburg deel uit van Skotland. In 1076 laat koningin Margaret (1045-1093) die kasteel in die Normandies-romantiese boustyl herbou. In 1128 is die klooster Holyrood ter ere van Margaret, wat as heilige vereer is, opgerig. Die kasteel en klooster van Edinburg het die uitgangspunt van die stad se vinnige ontwikkeling geword. Die [[St Giles' Cathedral|St. Giles-katedraal]] is in die 13de en 14de eeu as die godsdienstige sentrum van Edinburg bygevoeg.
 
Die oorloë teen Engeland in die laat 13de en 14de eeu het die strategiese ligging van Edinburg duidelik gemaak, en in 1498 het die stad gevolglik die koninklike hoofstad van Skotland geword.
101 000

wysigings