Verskil tussen weergawes van "Toon van den Heever"

k (Geboorte- en sterftejaarkategorieë bygevoeg)
François Petrus van den Heever is op [[29 November]] [[1894]] in [[Heidelberg, Gauteng|Heidelberg]], [[Transvaal]], gebore. Hy studeer regte aan die [[Universiteit van Pretoria]] waarna hy 'n landdros word.
 
Van den Heever het in die [[Bondelswart-opstand]] in die destydse [[Suidwes-Afrika]] geveg. Hy was 'n bekwame violis en musikus. Sy skryftalent het hom die Hertzog-prys in 1951 besorg. Hy het hom as vlieënier bekwaam en die land in sy privaatvliegtuigprivaat vliegtuig deurkruis. As gevolg van sy belangstelling in die lugvaart is hy tot erekolonel in die lugmag benoem. Hy was ook 'n kranige boogskutter en 'n goeie rolbalspeler.
 
Die [[Toon van den Heeverprys vir Regswetenskap]] wat deur die [[Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns]] toegeken word, is na Van den Heever genoem.
85 757

wysigings