Verskil tussen weergawes van "Gemeenskap"

55 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (Vervang File: met Lêer:)
'n '''Gemeenskap''' of '''menslike samelewing''' is '''(1)''' 'n Groep persone [[Interpersoonlike verhouding |verwant]] aan mekaar deur volgehoue betrekkinge soos [[sosiale status]], [[rol]]vervulling en [[sosiale netwerk]]e. '''(2)''' 'n Groot sosiale groepering wat dieselde geografiese grondgebied deel en onderhewig is aan dieselde politieke gesag en heersende kulturele verwagtinge. Menslike gemeenskappe word gekenmerk deur onderlinge handelinge tussen indiwidue met 'n gedeelde [[kultuur]] en [[institusie]]s. In die breër opsig verwys die term òf na die mensdom in geheel, òf kontekstueel na 'n spesifieke ondergroep van persone.
 
Uit die oogpunt van 'n assosiasie, is 'n gemeenskap 'n liggaam van indiwidue omskrewe deur die perke van funksionele [[onderafhanklikheid]], wat moontlik karaktertrekke soos [[nasionale identiteit|nasionale]] of [[kulturele identiteit]], [[sosiale solidariteit]], [[taal]] of [[eusosialiteit|rangordelike organisering]] kan omvat.
[[Lêer:Canis lupus pack surrounding Bison.jpg|thumbduimnael|leftlinks|225px|Die sosiale etologie van wolwe]]
Soos by ander groeperinge, bemagtig 'n gemeenskap sy lede om behoeftes of wense te vervul wat buite die bereik van enkelinge is. Hierdie sosiale feit kan uitgewys, verstaan of gespesifiseer word binne die raamwerk dat sekere hulpbronne, doelstellings, behoeftes of resultate, op indiwiduele wyses en vir indiwiduele doeleindes benodig en verbruik word, maar tog nie uit eie middele verwesentlik, verkry of vervul kan word nie. Juis daarenteen is hierdie mikpunte slegs haalbaar deur kollektiewe, kollaboratiewe handelinge; naamlik deur spanwerk, die geldige praktiese remedie om indiwiduele doelstellings te realiseer, wat afsonderlik onvervulbaar is.
 
== Eksterne skakels ==
* {{Wikt-inlyn|gemeenskap}}
 
[[Kategorie:Sosiologie]]